Centurion Akkommodasie by Irene B&B | LekkeSlaap
+30

Irene B&B

Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 37 resensies vir Irene B&B
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5
Marike B - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marike B
Enkelreisiger

Positiewe ervaring.

Netjiese geriewe met vriendelike en behulpsame diens.

Haylene D - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Haylene D
Besigheidsreis

Gerieflik naby aan alles, baie gemaklike "huis"-atmosfeer.

Sien sterre.

Irene B&B's terugvoer

Dankie, Haylene, ek is bly julle het jul verblyf geniet.
Julle is baie aangename en maklike gaste, hoop om julle gou weer te sien.
Voorspoed,
Karin-marié

Irene B&B
Herman S - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Herman S
Besigheidsreis

Kalm, rustig, huislik en vriendelik.

Ten volle selfsorg gereed met klein goedjies wat voorsien word wat die groot verskil maak. Bekwame gasvrou wat kommunikeer en ingelig is. Baie kalm omstandighede vir Gauteng omgewing. Net verkeer soggens wat bietjie vreesaanjaend voorkom, maar die algemene padgebruiker is darem hoflik genoeg in die area.

John B - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
John B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Value for money and excellent service. Ideal location close to everything.

After making the booking I was contacted by the B&B. The unit was cosy and clean when we arrived. Staff were excellent and very helpful. Perfect location.

Elzette S - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elzette S

Gasvry en baie tegemoetkomend.

Ons sal vir seker weer daar kom kuier. Karin-Marié is baie vriendelik en het ons op kort kennisgewing baie tegemoetgekom. Dit word baie waardeer. Die eenheid is ten volle toegerus met geen tekorte nie. Ideaal vir mense wat mekaar ken en saam op een plek wil bly. Sal net lugverkoeling voorstel vir die onderste kamer. Verder is Paulina baie gaaf en hulpvaardig en almal baie gasvry.

Elna S - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elna S
Besigheidsreis

A home away from home.

The hospitality and facility was great.

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie vir die mooi terugvoering, Elna. Alles van die beste.

Irene B&B
Johannes Matheus S - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johannes Matheus S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gerieflik.

Die verblyf was baie gerieflik naby restaurante en winkels, asook naby Midstream waar kurses was. Daar was letterlik aan die gerief van reisiger gedink. Baie dankie, Karin-Marie, vir die aangename verblyf.

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie, Lisé en Hannes. Dit is altyd lekker om te hoor dat gaste hulle verblyf aangenaam en gerieflike gevind het.
Kom gerus weer, alles van die mooiste vir julle.

Irene B&B
Francois N - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Francois N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en beslis waarde vir geld.

Ons het baie lekker gebly, eienaar baie vriendelik en behulpsaam, midnight snack was baie lekker en van pas. Sterkte vorentoe.

Irene B&B's terugvoer

Goeiedag Francois.

Baie dankie vir die mooi terugvoering, ek waardeer dit. Ek hoop julle hou heerlik vakansie en kom uitgerus terug.

Groetnis.
Karin-marié

Irene B&B
Robert S - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Robert S
Enkelreisiger

Excellent facility but there is a hazard when coming out with traffic coning from both sides.

See stars.

Elmarie K - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Elmarie K
Gesin met tieners

Weereens net 'n plesier.

Altyd netjies. Doen soveel moeite. Sal weer en weer gaan. Dankie Karin-Marie.

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie, Elmarie, dit was net 'n plesier om julle te huisves.

Irene B&B
Johann D - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons was vriendelik ontvang, goed toegerus en netjies. Parkeerplek was voldoende en veilig.

Vir ons is dit goed geleë, ons beweeg in daardie omgewing. Naby die hoofweg.

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie vir die baie mooi terugvoer, ek waardeer dit baie. Julle is iedergeval baie maklike gaste en aangename mense, kom gerus weer. Goeie wense en voorspoed vir julle daar op die plaas.

Karin-marié

Irene B&B
Jolandie G - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jolandie G
Saam met vriende

Gemaklik, gasvry en veilig.

Vriendelike ontvangs, behulpsaam, skoon en netjies, dankie dat ons weer so lekker kon bly!

Irene B&B's terugvoer

Dankie, Jolandie. Dit was my plesier om julle te huisves. Kom gerus weer. Karin-marié

Irene B&B
Tertius C - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
1/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Tertius C
Enkelreisiger

Die ligging is die probleem.

Baie geraas in dag en nag. Kon glad nie rustig slaap nie. Al die res was goed. Ontbyt was heerlik.

Irene B&B's terugvoer

Goeie dag Tertius,
Ek is verskriklik jammer om nou te hoor dat jy nie lekker kon slaap nie. Dit is sekerlik 'n skok as 'n mens van die platteland af in die stad moet kom bly waar dar so baie verkeer en lawaai is. Ons adres word oraloor aangedui met die ligging: Hoofstraat/Main road, wat 'n aanduiding is dat daar maar altyd die moontlikheid van geraas is. Weer eens my opregte verskoning dat jy nie lekker kon slaap nie.
Vriendelike groete, Karin-marié
Ns. Ons kry dikwels gaste van Johannesburg wat keer op keer hier kom bly om 'weg te kom van die stad se rumoer'. Wys jou net, so het ons elkeen ons idee van wat lekker is en wat nie, nê.

Irene B&B
Francois V - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Tuiste weg van die huis af.

Baie rustig. Sal nooit kan raai jy is in die stad nie.

Irene B&B's terugvoer

Hi Francois, baie dankie vir die terugvoer. Julle is altyd welkom.
Groetnis,
Karin-marié

Irene B&B
Martie L - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martie L
Gesin met tieners

Baie dankie en was uitstekend.

Uitstekende verblyf. Báie netjies. Sal weer daar bly.

Leoni R - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Leoni R
Saam met vriende

Presies waarna ons gesoek het.

Flink en vinnige terugvoer na my navrae oor verblyf. Irene B&B was vir ons groepie ideaal en sentraal vir ons doel. Vriendelike ontvangs in 'n baie netjiese tuiste wat in al ons verwagtinge voldoen het. Ons het ten alle tye veilig gevoel. Badkamers en slaapkamers was pynlik netjies en skoon. Sal verseker weer daar tuisgaan.

Irene B&B's terugvoer

Goeiedag Leoni en Berti. Baie dankie vir die mooi terugvoering. Dit was lekker om julle te ontmoet en te huisves. Mooi wense vir julle almal. Karin-marié

Irene B&B
Hanlie P - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hanlie P

Clean and comfortable.

Clean, friendly, good location.

Jolandie G - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jolandie G
Saam met vriende

Op die hande gedra, voel tuis, uitstekende diens, mooi kamers, Irene B&B = tops!

Vandat ons bespreek het was ons ervaring niks behalwe positief nie. Onmiddellik tuis gevoel, vriendelike diens, kamers is mooi en laat jou onmiddellik ontspan. Baie dankie!

Irene B&B's terugvoer

Liewe Jolandie. Baie dankie vir die mooi terugvoering. Dit was net 'n plesier om julle te huisves. Ek hoop om julle gou weer te sien. Lekker dans.

Irene B&B
Willem K - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willem K
Gesin met tieners

Gasvry, vriendelik, behulpsaam, akkommodasie uitstekend. Karin-Marie het uit haar pad gegaan om verblyf so aangenaam en gerieflik te maak!

Ons moes plek kry vir my seun se voertuig en alhoewel ons eers 14h00 kon inboek, het Karin-Marie ons toegelaat om sy voertuig daar te kom stoor toe ons daar aankom [10h00]. Ons kon ook ons bagasie aflaai en sleutels kry. Die blyplek is absoluut gerieflik en netjies. Daar was meer as genoeg koffie en melk en lekker beskuit. Ons het selfs 'n verwelkoming pakkie op ons bed ontvang. Ek sal definitief weer daar gaan bly en kan die plek met vrymoedigheid aanbeveel. Dankie Karin-Marie, jy is 'n ster en het ons verblyf aangenaam gemaak!

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie vir die positiewe en pragtige terugvoering, ek waardeer dit opreg. Dankie dat julle hier gebly het julle is aangename, gemoedelike gaste wat sekerlik enige plek welkom is. Ek hoop om julle darem gou weer te sien. Groete vir Francois, ek hoop dit gaan baie goed met die krieket. Die Proteas wys darem vir NZ hoe dit gedoen moet word, nê.

Irene B&B
Marion F - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marion F
Gesin met tieners

Baie gemaklik en waarde vir geld.

Lekker plek om te bly - Karin is baie professioneel en behulpsaam. Sal beslis terug wees.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Very comfortable and value for money.

Great place to stay - Karin is very professional and helpful. Will most certainly be back.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Irene B&B's terugvoer

Hi Marion. Thank you very much for the feedback and compliment. It's just a pleasure hosting you and your lovely family.
Regards,
Karin-marié

Irene B&B
Santa M - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Santa M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, gerieflik.

Ons is vriendelik ontvang en het baie lekker gebly.

Irene B&B's terugvoer

Dankie, Santa, vir die terugvoer. Ek sien uit daarna om jou weer te ontvang. Voorspoed vir 2017.

Irene B&B
Marianne R - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marianne R
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Veilige gemaklike verblyf wat aan ander aanbeveel kan word.

Stel voor dat êrens aan voornemende kliënte aangedui word dat sitkamer- en kombuisgeriewe gedeel word met ander gaste.

Irene B&B's terugvoer

Marianne, jy verwar ons inligting seker met 'n ander blyplek s'n. Dit word baie duidelik aangedui op LekkeSlaap se blad dat die kombuis/sit/eetkamer gemeenskaplike geriewe is, dit lees soos volg: "Daar is ‘n kombuis en sit-/eetkamer wat deur alle gaste gebruik kan word, ..." Jy het dit seker maar net nie gelees toe jy die kwotasie aangevra het nie.
Irene B&B is nie 'n Gastehuis nie, maar 'Bed en Ontbyt' en voldoen aan al die vereistes van die Suid-Afrikaanse Toerisme Graderingsraad t.o.v. B&B's. Die meeste B&B's het eintlik nie eers 'n kombuis/sit/eetkamer vir gaste nie. Gaste eet dan in die eienaars se eetkamer of kombuis, en kan gebruik maak van die eienaars se sitkamer. Jy het eintlik meer gekry as waarvoor jy betaal het.
'Value for money': Irene B&B is een van die goedkoopste verblyfplekke in Irene en omgewing; en vir wat jy kry - soos 'n kombuis vir gebruik; gratis graankosse; soveel beskuit, koffie en tee as wat jy wil; is jou kritiek buite verband. Vergelyk gerus ons tariewe met ander soortgelyke plekke en hul waarde vir geld.

Irene B&B
Elzanne J - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elzanne J
Besigheidsreis

Sal nie ander verblyf in Pretoria bespreek nie.

Ek sal nie ander verblyf in Pretoria bespreek nie. Irene B&B is naby al die belangrike bestemmings geleë en baie ander instansies kan by hul gasvryheid en diens leer. "Home away from home".

Irene B&B's terugvoer

Goeiedag Elzanne. Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Julle was baie aangename gaste. Kom gerus weer.

Irene B&B
Heleen V - Jun 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Heleen V

Gerieflik!

Sien die sterre.

Irene B&B's terugvoer

Hi Heleen. Baie dankie dat julle by Irene B&B tuisgegaan het. Ek vertrou jou ma is nou sommer weer perdfris.

Irene B&B
Drik L - Mei 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Drik L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker!

Die eienaars is fantastiese mense. Ons het 'n goeie verblyf gehad.

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie! Dit was lekker om julle te ontmoet.

Irene B&B
Nicola S - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Nicola S
Enkelreisiger

Goeie ondervinding, uitstekende gasvryheid!

Sien gerus die sterre.

Irene B&B's terugvoer

Dankie, Nicola. Jy is altyd welkom.

Irene B&B
Anthoné C - Nov 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anthoné C
Gesin met tieners

Netjies, skoon, gerieflik en vriendelike diens!

Karin-Marié is baie vriendelik en hulpvaardig. Die gastehuis is ruim en die kamers is gerieflik en skoon. Alhoewel dit geleë is in 'n besige straat, pla dit nie eintlik nie. Die straat raak stil as spitstyd verby is. Gerieflik naby geleë aan die Irene Village Mall en Centurion Mall. Sal beslis weer daar bly!

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer. Julle was baie maklike en gemaklike gaste en is altyd welkom by Irene B&B.

Irene B&B
Annelise P - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelise P
Gesin met klein kinders

Karen is baie gasvry en sorg dat alles reg is.

Ons het baie lekker gebly. Ek kan verseker hierdie gastehuis aanbeveel.

Irene B&B's terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer, Annelise. Julle is altyd welkom.

Irene B&B
Yvonne S - Apr 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yvonne S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het dit baie gerieflik gevind.

Diens uitstekend. Ek sal dit enige tyd aanbeveel.

Adri W - Feb 2015
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Adri W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die verblyf is sentraal geleë en dit is stil. Dit was nie gerieflik sonder 'n waaier nie.

Ons het die eienaar gesien by aankoms en nie weer daarna nie. Van Vrydag tot Maandag met vertrek was daar geen skoonmaakdienste in die kamer nie.

Lu L - Des 2014
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Lu L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Swak. Die geraas van die pad was baie steurend.

Ons het net een aand ekstra bespreek, want my man moes die doktor 'n dag vroeër sien. My man moes opgeneem word, maar het siek geword en die operasie is uitgestel tot in Februarie. Ons het mooi met die eienaar gepraat en gevra dat sy ons moet tegemoetkom om die verblyf te skuif na Februarie, maar sy wou nie. So ons het vir die tydperk wat ons bespreek het betaal, maar nie daar gebly nie a.g.v sy siekte en boonop moes ons nog vir een ekstra nag betaal. Ek kan nie glo dat mense so geldgierig is nie.

Fanie D - Des 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Fanie D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gebly.

Het my net gepla dat ek die balans in kontant moes betaal. Verblyf was egter lekker.

Flip W - Nov 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Flip W
Enkelreisiger

Baie tuis gevoel!

Ek het baie tuis gevoel en sal dit beslis aanbeveel!

Lynda B - Okt 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lynda B

Ons verblyf was heerlik.

Die gasvrou was wonderlik. Het die 6 dae wat ons by Irene B&B gebly het terdeë geniet. Skoon, netjies, baie veilig en sommer 'n lekker omgewing om in te bly. Sal beslis weer daar gaan bly.

Phillip S - Aug 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Phillip S

Gerieflik naby aan die Unitas Hospitaal in Centurion.

Ons was vriendelik ontvang en gewys waar ons kamer- en kombuisgeriewe is. Verder was alles rustig en baie lekker stil, dit was amper terapeuties. Die gasvrou was altyd byderhand as ons haar nodig gehad het. Ek sal enige tyd weer daar oorbly. Al is dit net vir die stilte.

Veinece M - Jun 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Veinece M
Besigheidsreis

Uit die boonste rakke!

Irene B&B se kliëntediens is uit die boonste rakke, vinnig en hulle is altyd vriendelik. Ons het geen klagtes gehad nie. Indien ons iets benodig, is die diens dadelik aan ons gegee. Baie, baie dankie!

Froukje P - Mei 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Froukje P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en alles daar wat jy nodig het!

Baie netjies en alles daar wat jy nodig het!

was R695
Vanaf R626
per nag (vir 2 persone)
was R695
Vanaf R626
per nag (vir 2 persone)
was R695
Vanaf R626
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 28, Irene, Centurion, 0157, Gauteng
  • Geen kinders onder 8
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApefLNcbEi7Ou0uYn4MF1cxMFCDcEaVZShTu6VQiREmoaqBQdnp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R695, nou Vanaf R626  per nag (vir 2 persone) 37 5 1 5 28 Main Road Irene 0157 Gauteng 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.8714412 28.222772
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za