Is Ours Holiday Accommodation
- Kapasiteit: 31 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ferrox-straat 82A, Danabaai, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Is Ours Holiday Accommodation is in Danabaai, Mosselbaai op die Tuinroete geleë met 'n wonderlike uitsig oor die Indiese Oseaan en omgewing.
Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorg-eenhede. Die Aldré Penthouse, To C-eenheid en die Whatever-eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders, en die Is Ous-eenheid vir 4 volwassenes en 4 kinders geskik is. Al die eenhede het hul eie volledig toegeruste kombuis, braaigeriewe, 'n TV met DStv en gratis WiFi.
Die Aldré Penthouse het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het ook 'n oopplan-kombuisie en 'n eethoekie. Die eenheid het sy eie privaat ingang.
Die To C-eenheid het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het ook 'n dubbelstapelbed vir kinders onder 16, 'n oopplan-kombuisie en 'n eethoekie. Die eenheid het sy eie privaat ingang, privaat braaigeriewe en 'n houtdek met stoep met 'n tuin.
Die Whatever-eenheid is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n aparte area met 'n stapelbed.
Die Is Ours-eenheid het 2 kamers wat geskik is vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 1 enkelbed en 2 dubbelslaapbanke in die leefarea. Die eenheid het 2 badkamers, een het 'n stort en die ander 'n bad. Die eenheid is ook toegerus met 'n oopplan-kombuis, eetarea, sitarea met 'n TV en binnebraai- en buitebraaigeriewe en 'n tuin.
Nabygeleë doendinge sluit haaihokduik, helikoptervlugte, gholfspeel en verskeie ander buitelugaktiwiteite in. Danabaai het ook 2 pragtige strande, ongeveer 2 km van die huis af, 15 minute se stap vir diegene wat 'n bietjie wil oefen.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Ferrox-straat 82A, Danabaai, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Is Ours Holiday Accommodation het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 31 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ferrox-straat 82A, Danabaai, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom