Port Elizabeth SSB Akkommodasie by Island Vibe - The Harbour Masters House | LekkeSlaap
+25

Island Vibe - The Harbour Masters House

1 resensie
Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Forststraat 2, Port Elizabeth Central, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R360 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Island Vibe - The Harbour Masters House is 'n elegante huis wat bo Fort Frederick uittroon en 'n uitsig oor Port Elizabeth se hawe bied. Dit is in die kenmerkende Victoriaanse-styl gebou met geslypte glasvensters, 'n patroonplafon met glansende kandelare en kaggels in bykans al die kamers.

Die slaapkamers is op die boonste verdieping en is modern versier. Die balkon strek reg rondom die huis op altwee verdiepings en bied 'n uitsig oor die hawe en die baai. Die groot, gemeenskaplike area op die onderste verdieping het gemaklike leunstoele en helder kleure wat 'n ontspanne atmosfeer skep waar gaste lekker kan ontspan.

Maaltye word in die eetkamer bedien wat spog met 2 kaggels en 'n lang tafel met sitplek vir 24 gaste. Of Island Vibe 'n spoggerige ete bedien waarvoor gaste kostuums uit 'n bepaalde tydperk moet aantrek, en of hulle 'n meer informele maaltyd bedien, gaste sal heel moontlik 'n paar interessante reisigers met interessante staaltjies ontmoet.

Die huis is in 1901 deur die skatryk handelaar, Mnr. William John Messina gebou en was bekend as die Harbour Master's House aangesien Messina die hawe en sy industrieë basies alles besit het. Hierdie huis is nou opgeknap en tot sy eertydse glorie herstel, met 'n moderne kinkel.

Aangesien dit by Fort Frederick geleë is, is Island Vibe - The Harbour Masters House op Roete 67 geleë. Hierdie roete gedenk die 67 jaar wat Nelson Mandela vir vryheid in Suid-Afrika geveg het herdenk. Daar is kunswerke en erfenisitems langs die roete, en die stad se plekke van geskiedkundige belang is ook langs die roete te sien.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3 uit 5van 1 resensie vir Island Vibe - The Harbour Masters House
Netheid
3.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
2.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Forststraat 2, Port Elizabeth Central, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R360
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R360
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Forststraat 2, Port Elizabeth Central, Port Elizabeth, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAN3TPiC4dz8W6gI0k6wwwK0GcGY7jNpt6QIXvnt44bmbRARF0sk?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R360  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 3 2 Fort Street Port Elizabeth Central 6001 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -33.96656 25.6205
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za