Manaba Akkommodasie by Ithaca 30 | LekkeSlaap
+24

Ithaca 30

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Manaba Kus-weg 3, Eenheid 30 Ithaca, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R510 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ithaca 30 is 'n selfsorg-enkelwoonstel in die veilige Ithaca-oordkompleks. Ithaca is 'n oord met woonstelle wat privaat besit word, in die klein dorpie Manaba tussen Margate en Uvongo. Dit is 150 km suid van Durban aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Die oord is net 30 m vanaf Manaba se Blouvlagstrand waar 'n mens kan swem en branderplankry, daar is ook 'n getypoel en visvangplekke op die rotse. Daar is verskeie winkels, restaurante en kroeë stapafstand vanaf die kompleks.

Dié oopplan-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n plafonwaaier, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n bad wat 'n handstort het.

Die kombuisie het graniettoppe en is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster toegerus. Die sitarea het 'n leerslaapbank en 'n platskerm-TV met DStv EasyView. Buite is daar 'n balkon met 'n lieflike see-uitsig en 'n gasbraai.

Ithaca het 'n privaat swembad en gemeenskaplike braaigeriewe aan albei kante van die kompleks. Daar is ook 'n klimraam en 'n trampolien vir die kinders.

'n Onderdakparkeerplek is beskikbaar per eenheid. Addisionele voertuie kan in die beperkte oop parkeerarea, agter palisades, aan die seekant van die hoofgebou parkeer. 'n Gereserveerde sleepwa-parkeerplek is ook beskikbaar. Die kompleks is volledig omhein met palissades en toegang is via afstandbeheerde elektriese hekke.

Slaapplek

’n Bespreking by Ithaca 30 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Ithaca 30
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Manaba Kus-weg 3, Eenheid 30 Ithaca, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ithaca 30 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R510
per nag (plek vir 2)
Vanaf R510
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Manaba Kus-weg 3, Eenheid 30 Ithaca, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhmAMFdJa683XmGoER0IwFXxlcb3IyfOhnI11iwabctohRZpZje?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R510  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 3 Manaba Beach Road Unit 30 Ithaca 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.853896 30.37818
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za