Ivemvane Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ivemvane Bush Camp is 'n gesellige kampterrein op 'n bergkruin in die hartjie van die Waterberg. Die kampterrein bied asemrowende uitsigte van die sonsopkoms en -ondergang, oor die bosveld en op die berge in die verte.

Dié kampterrein beskik oor 'n oopplan-eetarea en -leefarea met 'n beskutte kombuisie. Basiese toebehore word voorsien, soos 'n yskas, stoof en 'n mikrogolf. Die leefarea is onderdak en daar is 'n sitarea en etenstafel. Daar is 'n aparte gebou met nog 'n klein sitarea en die gemeenskaplike badkamer met 'n stort.

Daar is 'n vuurput en 'n braai-area tussen die twee geboue. Gaste kan die wildreservaat met 'n voertuig, 'n bergfiets of te voet verken. Gaste sal 'n padkaart met hul aankoms ontvang.

Ivemvane Bush Camp is op 'n plaas wat 1300 ha groot is, met natuurlike oop velde, grasvlaktes, klipriwwe, bergpaaie, seisoenale fonteine, 'n gedeelte van die Dwarsrivier en dis minder as 3 ure se ry vanaf Johannesburg. 'n 4x4-voertuig word aanbeveel aangesien meeste van die areas op die plaas nie toeganklik is sonder een nie.

Daar is 'n verskeidenheid van wild op die plaas wat elande, kudu's, waterbokke, blouwildebeeste, rooihartebeeste, bosbokke, sebras, impalas, blesbokke, duikers, vlakvarke en bosvarke insluit. Daar is ook apies, bobbejane, 'n groot verskeidenheid voëls, bome en insekte.

Slaapplek

'n Bespreking by Ivemvane Bush Camp sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ivemvane Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za