Ivory Tusk Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ivory Tusk Lodge is slegs 3,5 uur se ry van Johannesburg Internasionale Lughawe af, op pad na die Krugerwildtuin. Dit is binne stapafstand van die dorp af en is daarom ideaal vir die sakereisiger en bied 'n wye aantal dienste en fasiliteite. Dit is slegs 200 meter van die Tzaneen Medi-Clinic af, so dit is gerieflik vir besoekers van familie en vriende wat in die kliniek is

Ivory Tusk Lodge bied 'n wye verskeidenheid luukse akkommodasie in 'n hotelstyl. Ons maak voorsiening vir allerhande smake met dubbelkamers, gedeelde kamers, gesinskamers, eenhede met slaapplek vir 6 en eenhede met slaapplek vir 8 in 'n pragtige omgewing. Ontbyt word in die gesellige restaurant voorgesit en aandete is eksklusief beskikbaar vir ons oornaggaste. Jy kan jouself bederf met 'n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse disse van ons a la carte- of buffet-spyskaart.

Ivory Tusk Lodge is die ideale venue vir jou konferensie. Dit is in die sentrale besigheidsdistrik van Tzaneen geleë en het al die nodige toerusting om jou konferensie 'n suksesvolle geleentheid te maak. Daar is 4 konferensiekamers en 1 uitvoerende konferensiekamer wat almal lugversorging het en altesaam plek vir tot 350 afgevaardigdes het. Alles-insluitende konferensiepakkette is op versoek beskikbaar om jou behoeftes te pas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ivory Tusk Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za