IZapa Bush and Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

iZapa Bush and Game Lodge skuil in die Bobbejaansberge, net 'n uur se ry van Johannesburg af. Dié lodge is in 'n 1000 hektaar wildreservaat met bosveld en 'n oorvloed wild en voëls.

Die omgewing is malariavry, maar dit beteken nie dis mak nie! Kameelperde, bokke en bobbejane loop vry rond en wei dikwels tussen die chalets. Miskien sien jy selfs 'n skugter luiperd op een van die heuwels bokant die kamp. Snags hoor mens die jakkalse tjank.

Maar bowenal is dit die doodse stilte wat die meeste tyd hier heers, wat besoekers noop om terug te keer. Ontspan heerlik op 'n sonstoel in die riviersand by die swembad, wandel deur die bosse, of sit rustig in jou chalet en luister na die getjilp van meer as 150 voëlspesies.

iZapa word net deur 2 gaste per chalet op 'n slag gehuur. Verblyf is beskikbaar in puik gemeubileerde privaat chalets met luukse badkamers en buitestorte.

Elegante etes word op versoek voorberei deur die personeel. Gaste kan heerlik ontspan in die gemeenskaplike sit- en kroegarea en by die swembad.

Beleef die bosveld te voet, vanuit 'n spesiale wilkykvoertuig of van jou privaat patio af. Begeleide wildritte en gekwalifiseerde veldgidse is beskikbaar.

Elke kamer het DStv.

Dié lodge is ook 'n fantastiese konferensie-venue. Ons raadsaal is toegerus met lugversorging en sitplek vir 25 afgevaardigdes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na IZapa Bush And Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za