Jackal Hill

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 18 Okt 2019 tot 20 Okt 2019.

Beskrywing

Jackal Hill is op die Magalies Meander op 'n koppie wat oor die Magaliesberge uitkyk, geleë. Jackal Hill bied gerieflike selfsorgverblyf slegs 19,3 km vanaf Magaliesburg en 23,6 km van die Askari Big 5 Wildreservaat af. Besienswaardighede soos die Black Horsebrouery en ander buite aktiwiteite is naby.

Verblyf word gebied in 3 selfsorg-eenhede. Die hoofoopplan-eenheid het slaapplek vir 2 volwassens en 4 kinders. Die tweede eenheid het slaapplek vir 6 gaste en is ideaal vir 'n klein gesin. Die derde eenheid is meer privaat, apart van die ander eenhede en het slaapplek vir 4 gaste.

Elke eenheid het 'n kombuis en 'n sitkamer met 'n TV en sekere DStv-kanale het. Die hoofeenheid het 'n groot stoep met sitplek en 'n etenstafel vir 8. Eenheid 3 het 'n privaat boma waar gaste kan ontspan en die uitsig oor die bosveld kan geniet.

Die eenhede kan individueel or vir groepe van ten minste 8 gaste bespreek word.

Jackal Hill is die perfekte plek vir 'n groepswegbreek of 'n familiereünie. Die lodge het 'n binne- en buite kuierarea en 'n groot grasdak-lapa met 'n kroeg, yskassie, tafeltennistafel, veerpyltjiebord en 'n etenstafel vir 12. Daar is 'n swembad met sonstoele en 'n boma met braaigeriewe waarvan gaste gebruik kan maak.

Natuurliefhebbers kan die voetslaanroete van 2 km rondom die perseel geniet en hul ook verkyk aan die blesbokke, impalas, vlakvarke, jakkalse en ystervarke wat op die perseel voorkom.

Gaste word toegelaat om net vir 1 nag oor 'n naweek te bespreek, maar 'n ekstra fooi van 25% sal by die tarief gevoeg word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jackal Hill gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 R704 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 18 Okt 2019 tot 20 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za