George Suid Akkommodasie by Jamaed Court Self-Catering Apartments | LekkeSlaap
+27

Jamaed Court Self-Catering Apartments

Selfsorg
Naweekaanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Feb 2020 tot 20 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Yorkstraat 11, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 R640 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Jamaed Court selfsorgwoonstelle bied gerieflike en ruim woonstelle in George. Die woonstelle is net 10 minute se ry van die lughawe en Tuinroete af. Dit is die ideale sakpasverblyf vir begrotingsbewuste reisigers.

Die ateljee-woonstelle is oopplan en ingerig met 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en daar is 'n klein sitarea, klein eetarea, volledig toegeruste kombuisie en 'n badkamer. Die gesinswoonstelle het 'n badkamer met 'n dubbelbed en 'n slaapbank of 2 enkelbeddens in die sitkamer. Daar is ook 'n sitkamer, toegeruste kombuis en 'n badkamer. Al ons gaste het toegang tot koffie- en teemaakgeriewe, 'n waaier, TV en gratis WiFi. Daar is ook braaigeriewe en 'n groot tuin waarin gaste kan ontspan na 'n avontuurlustige dag.

Jamaed Court is in York-straat en bied maklike toegang tot enige plek in George en die omliggende area. Dit is net 'n kort entjie se ry vanaf restaurante, kroeë, 'n groot supermark, wasserydienste en net 'n paar minute se ry van George se besienswaardighede af. Die perseel het toegangsbeheer en daar is veilige parkeerplek vir jou motor. Daar is ten minste 1 of 2 persone 24 uur per dag op die perseel beskikbaar indien gaste enige navrae of hulp benodig.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 62 resensies vir Jamaed Court Self-Catering Apartments
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Yorkstraat 11, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jamaed Court Self-Catering Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R800
Vanaf R640
per nag (vir 2 persone)
was R800
Vanaf R640
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Yorkstraat 11, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUwYjk4YmY4LTM4ZjgtNGExYi1iNWJhLWI0NTM2NDljNTIzNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R800, nou Vanaf R640  per nag (vir 2 persone) 62 5 1 5 11 York Street George 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.970310947606 22.446999549866
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za