Jamila Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jamila Game Lodge is aan die noordelike kant van die Welgevonden Privaat Wildreservaat geleë. Dié privaat Groot 5-lodge is in die Afrika-wildernis geleë, omring deur die Waterberge, volop wild en die ongerepte Afrika-bosveld.

Dié lodge is slegs 3 en 'n half ure se ry vanaf Johannesburg, en dit is dus een van die mees toeganklike malaria-vrye wildreservate in die land.

Die reservaat is in die Waterberg-platorand en Jamila Lodge is deel van die bewarea wat meer as 34 850 ha wildreservaat dek. Dis die tuiste van meer as 50 verskillende soogdiere, insluitend die groot 5. Gaste kan 'n omgewing geniet waar wildkyk en natuurbewaring suksesvol bestuur word.

Die verblyf bestaan uit 5 pragtige suites wat verbly aan 12 gaste bied. Die area word deur seringbome omring en gaste het asemrowende uitsigte vanaf die bergtoppe. Elke suite het 'n en suite-badkamer, 'n buitestort, 'n privaat dek en 'n Jacuzzi. Gaste ontvang ook persoonlike kamerdiens.

Gaste ontvang daagliks ontbyt, middagete en aandete. Daar is 'n groot verskeidenheid om van te kies op die spyskaart wat soos regte tuisgemaakte kos voorkom, voorberei met liefde en vars, gehaltebestanddele. Die maaltye word elke aand by 'n ander plek bedien. Onder die Afrika-lug, op die hoofdek of onder lamplig by die watergat wat verlig is. Gaste kan ook 'n wonderlike aandete by die boma geniet.

Die lodge het 2 swembaddens, 'n sitarea met 'n kaggel, 'n kroeg en 'n boma.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jamila Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 870 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za