Groot Marico Akkommodasie by Jampot Nature Retreat | LekkeSlaap
+27
+27

Jampot Nature Retreat

  • Vanaf R1 425 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N4 Platinum-Hoofweg, Koedoesfontein D124, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Na 'n stofpad wat afdraai van die N4 kry jy Jampot Nature Retreat, 'n vakansiehuis tussen die bome in 'n natuur reservaat aan die oewer van die wonderlike Groot Marico-rivier. Die mooi en gerieflike huis is ideal vir 'n romantiese wegbreek of families en natuurliefhebbers wat wil wegkom van geraas en selfone en kwaliteit tyd wil spandeer saam met vriende en familie.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers en die kombuis is toegerus met alles behalwe 'n mikrogold oond. Daar's 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, kookgerei, eetgerei ens. Buite, met 'n uitsig op die rivier, is daar 'n groot stoep en 'n braai-area vir 'n lekker kuier. Gaste kan afkoel in die rivier, voetslaan, voëltjie kyk, na die Visarend se roep luister of bergfietsry en visvang of sommer net rus en niks doen. Daar is ook 'n versameling boeke (Herman Charles Bosman) en bord speletjies vir ons gaste se gebruik. Wild loop vry rond en ons honde en plaas bestuurder sorg vir ons gaste se veiligheid en gerief.

Ons het geen TV of selfoonontvangs nie, maar wel pragtige natuurskoon, ou bome, voeltjies, eekhorinkies en veld diertjies wat rond baljaar. Let asb. op dat die eenheid van sonkrag en gas gebruik maak. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. In die dorp is daar 'n paar restaurante en daar's gereeld feeste en Bazaars aan die gang.

Jampot Nature Retreat se eienaars en plaas bestuurder heg baie waarde aan die natuurskoon en bewaring van die omgewing. Unesco het onlangs Die Marico Biosphere Reservaat geproklameer wat help met die bewaring en onderhoudbaarheid van die natuur erfinis.

"There is no other place I know that is so heavy with atmosphere, so strangely and darkly impregnated with that stuff of life that bears the authentic stamp of South-Africa." H.C. Bosman oor die Marico. Kom ervaar hierdie spesiale plek vir 'n onvergeetlike ervaring!

Slaapplek

’n Bespreking by Jampot Nature Retreat sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Swembad
Jacuzzi
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 21 resensies vir Jampot Nature Retreat
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • N4 Platinum-Hoofweg, Koedoesfontein D124, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Gaste dink Jampot Nature Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 425
per nag (vir 6 persone)

Sien meer verblyf in

Groot Marico Noordwes
Vanaf R1 425
per nag (vir 6 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 425
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N4 Platinum-Hoofweg, Koedoesfontein D124, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIzZDJkODU4LWY0YzktNDhhNy05YzQwLWFlNWFiOGQ0MjczMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 425  per nag (vir 6 persone) 21 5 1 4.5 N4 Platinum Highway Koedoesfontein D124 2850 Noordwes 086 999 0018 13:00-18:00 11:00 -25.659685929312 26.436867962753
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za