Jansen House Boutique Manor
Opsomming van Resensie
Dirk L - Des 2020
Gemiddeld
Netjies en skoon, goeie diens.
Gerhard S - Nov 2020
Gemiddeld
Oulike plek!
Maaike S - Nov 2020
Gemiddeld
Baie skoon en netjies.
Martie B - Nov 2019
Gemiddeld
Rustige, veilige omgewing.
Andries N - Okt 2019
Gemiddeld
Uitstekende diens.
Lees meerAnnelie V - Okt 2019
Gemiddeld
Prima blyplek!
Cynthia E - Okt 2019
Gemiddeld
There was no electricity for the entire time of our stay, poor management.
Lees meerPatsy S - Aug 2019
Gemiddeld
Dit was heerlik.
Jansen House Boutique Manor's terugvoer
Beste Patsy,
Dankie vir die vriendelike terugvoer.
Ons poog om die beste te wees teen bekostigbare tariewe.
Sien jou binnekort!
Vriendelike groete
Chris Meyer
Esme V - Jul 2019
Gemiddeld
Statige ou huis.
Lees meerJansen House Boutique Manor's terugvoer
Beste Esme
Dankie vir jou terugvoer.
Ons is voortdurend besig met kleiner onderhoudswerk, maar het gedurende die laaste 3 maande 'n groot poging ingesit om Jansen House tip-top te kry. Ons werk ook tans aan rugsteun krag voorsiening, sonkrag en gaan nog een ekstra luukse kamer byvoeg (Ons is besig met die laaste afrondingswerk). Hierdie gaan 'n meesterstuk wees aangesien ons die oorspronklike ou hoofslaapkamer (enorm groot, hoë plafon, hout vloer, luik vensters, moderne nuwe badkamer, ens).
Is hoof fokus bly egter dienslewering. So onderskei ons Jansen House Boutique Manor.
Hoop om jou gou weer te sien.
Vriendelike groete
Chris Meyer
Jana S - Jun 2019
Gemiddeld
Veilig en rustige omgewing.
Jansen House Boutique Manor's terugvoer
Beste Jana
Dankie vir die terugvoer. Ons het dit nodig om te weet of ons nog steeds aan ons gaste se hoë verwagtinge voldoen. Ons fokus is op dienslewering. So bou ons 'n betroubare "handelsmerk"
Vriendelike groete
Chris Meyer
Christi E - Jun 2019
Gemiddeld
Heerlik gebly - as ek weer in die omgewing moet oorslaap, is ek beslis weer daar!
Jansen House Boutique Manor's terugvoer
Beste Christi
Dankie vir jou vriendelike en positieve terugvoer. Ons is altyd besig om te probeer verbeter.
Vriendelike groete
Chris Meyer
Susan L - Mei 2019
Gemiddeld
Personeel behulpsaam en laat jou tuis voel wat 'n aangename atmosfeer skep.
Lees meerJansen House Boutique Manor's terugvoer
Beste Susan
Dankie vir jou terugvoer. Ons gebruik alle inligting om voortdurend te probeer verbeter. Ons is tans besig om kwotasies aan te vra vir 'n volledige battery rugsteun stelsel vir alle ligte, TV en internet vir die hele gastehuis. Ons hoop om dit in plek te hê teen einde September 2019. Dan is ons reg vir enige kragonderbrekings.
Vriendelike groete
Chris Meyer
Marieta. B - Nov 2017
Gemiddeld
Dit was regtig nie wat ek verwag het nie.
Lees meerJansen House Boutique Manor's terugvoer
Geagte Marieta,
Dit is altyd vir ons 'n pynlike dag as een van ons gaste nie 100% tevrede is nie. Ons wil dus begin om te sê dat ons jammer is dat ons nie aan u verwagtinge voldoen het nie. Ons werk deurlopend daaraan om enige foute dadelik reg te stel.
Die hek se klokkie lui in die kombuis en in die bestuurder se sitkamer. Dit mag gebeur dat ons personeel besig is erens elders op daardie spesifieke oomblik. Dit is tans 'n probleem area maar ons oorweeg om 'n klokkie te installeer wat eerder deurskakel na 'n selfoon as oplossing. Dit het egter weer ander potensiële tekorte.
Die melk wat nie in die kamer was nie is 'n groot fout. Ons verskaf altyd vars melk in die yskas aangesien ek persoonlik ook hou van baie vars melk in my koffie. Ons het nou 'n kontrolelys opgestel om seker te maak personeel vergeet nie van bv die melk nie.
Die Melkkamer, kamer waar u gewoon het, het 'n oopplan badkamer met die slaapkamer gedeelte. Sommige gaste hou daarvan. Dit is jammer dat u nie onmiddelik vir ons genoem het dat dit nie vir u aanvaarbaar is nie. Ons het nog 2 ander kamers beskikbaar gehad en sou u met graagte kosteloos skuif.
Jansen House is 'n ou huis wat deurlopend onderhou moet word. Ons het bv in 2016 die hele dak herstel en oor laat verf. Tans is ons besig om al die houtrame te skuur en te vernis en die geute te vervang. Met waterbeperkings is ons baie afhanklik van reën om die grasperkke mooi groen te hou. U was dalk net te vroeg na die eerste reëns by ons om die groot verskil te kon geniet. Jansen House het 'n groot tuin (5500 m2) met 2 tuiniers en my suster wat weekliks deur die tuin gaan om die volgende week se tuinwerk te beplan. Die tuin was in 2009 deur my vrou Erika en 'n tuinargitek herontwerp en aangeplant. Normaalweg kry ons tuin baie komplimente en neem bruidspare gereeld hul fotos by ons.
As blyk van apologie wil ons graag vir u uitnooi om weer 'n draai by Jansen House Boutique Manor te kom maak. Ons sal vir u 'n 80% korting aanbied op ons tariewe. Ek sal ook seker maak dat u in een van ons ander kamers bly.
As gevolg van 'n groot aanvraag na kamers by Jansen House Boutique Manor gaan ons ook gedurende November e Desember twee nuwe kamers bou. Dit sal deel vorm van die bestaande ou herehuis se vertrekke en een sal wees in die ou hoofslaapkamer. U mag dalk die eerste gaste wees om hierdie nuwe luukse kamers te kom geniet.
Ek nooi u dus vriendelik uit vir 'n tweede besoek.
Vriendelike groete,
Chris Meyer
Mede-eienaar
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: King-straat 9, Irene-sekuriteitskompleks, Centurion, 0157, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom