Jardin D'Ebene Boutique Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jardin d’ébèneBoutique Gastehuis is geleë in 'n ou Kaap-Hollandse opstal wat noukeurig opgeknap en versier is deur die eienaars in 'n verfynde kontemporêre Afrikana-styl.

Die gastehuis is die ideale beginpunt vir 'n verkenningstog van Kaapstad. Dis geleë in die hartjie van die stad, reg onder Tafelberg, en is binne loopafstand na 'n oorvloed van restaurante in en om Kloofstraat, en die dinamiese stadslewe. Avontuurlike wesens sal slegs 10 min per motor weg wees vanaf die pragtige Clifton-strande. De Waterkant Village, met sy mengelmoes van gesofistikeerde boetieks en restaurante, is 'n 'moet sien.' Die gastehuis is ook slegs 20 min per motor vanaf die lughawe, en 10 min vanaf die V&A Waterkant inkopiegebied, en die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum.

Al 5 kamers is toegerus met 'n eie luukse en suite-badkamer, en almal is uniek ontwerp in 'n styl wat modern is, dog herinner aan Koloniale Afrika. Daar is 'n rustige atmosfeer in die huis, wat flair en karakter meebring. Die rustige gronde spog met 'n ontspanne dagbed wat in die tuin genestel is, sowel as 'n plaspoel en sondek met asemrowende uitsigte oor Leeukop. Ontspan en salf jou siel op ons veranda met 'n skemerkelkie, of dalk 'n uitgesoekte keuse van voorkeurwyn, of geniet 'n aptytwekker langs die gesellige kaggel in die winter.

Kenmerke

  •  Swembad

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Italiaans
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jardin D'Ebene Boutique Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]