Jarina Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jarina Guesthouse bied rustigheid en geleentheid vir ontspanning teen ’n billike prys. Dit is tussen Klerksdorp en Kimberley geleë, en is die ideale verblyf vir gesinne en sakereisigers wat deur Wolmaransstad reis.

Die huis bied 38 kamers: 20 Standaardkamers, 2 Gesinskamers en 16 Rugsakreisigerkamers. Die perseel het ’n ruim konferensiesentrum, eetarea waar ontbyt bedien word asook parkeerplek.

Standaardkamers en Rugsakreisigerskamers bied slaapplek aan 2 gaste en Gesinskamers bied slaapplek aan 4 gaste. Standaard- en Gesinskamers beskik oor lugversorging, TV met sekere DStv-kanale en ’n yskas. Elke kamer het ’n badkamer en word daagliks skoongemaak, behalwe op openbare vakansiedae.

’n Komplimentêre ontbyt word in die eetarea Maandae tot Sondae vanaf 07:00 tot 09:00 bedien. Ongelukkig word ontbyt nie op openbare vakansiedae bedien nie. Middag- en aandete-koopbewyse kan by Die Geel Huis Restaurant gereël word. Die Geel Huis Restaurant is oop Maandae tot Saterdae vanaf 07:00 tot 22:00 (kombuis maak 21:00 toe) en Sondae vanaf 08:00 tot 15:00 (kombuis maak 14:30 toe). Die konferensiesentrum het sitplek vir 100 afgevaardigdes en ideaal vir banket-venues en konferensievergaderings.

Vir natuurliefhebbers is daar Makwassierante Bewarea en Wolwespruitdam Natuurreservaat. Gaste kan ook Geelvisvangareas langs die Vaalrivier geniet. Die Digger's Diamond-toer bied gaste die geleentheid om meer te leer om diamantopgrawings en hoe diamante verkoop is in die area. Wolmaransstad spog steeds met pragtige sandsteengeboue wat in die vorige eeu gebou is, soos die Broadbent Sendingstasie en die Thomas Leask Huis.

Wolmaransstad is in 1891 in die Makwasirivier-vallei gestig, en die naam word verkry van die vele wilde muntbosse wat op die oewer van die rivier groei. Die dorp is bekend vir alluviale diamantmynbou en mielielandbou in die area. Dit is op die hoofroete tussen Klerksdorp en Kimberley geleë, wat dit die ideale oornagplek maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jarina Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R820 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]