Afribode Jocelyn on Bantry Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Afribode Jocelyn on Bantry Bay is 'n uitstekende woonstel met 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n see-uitsig op 'n
eksklusiewe plek langs Kaapstad se Atlantiese kus geleë.

Dié woonstel bied slaapplek vir 4 gaste in 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Met 2 balkonne, is daar 'n sensasionele see-uitsig vanaf die voorste balkon waar gaste kan sit en kyk hoe die son in die Atlantiese Oseaan sak. Dieselfde uitsig word vanaf die hoofslaapkamer gesien. Die kombuis-eetkamer lei met dubbelvoudeure na die agterste balkon,'n buite-eetkamer en 'n beskutte braai wat met die woonstel langsaan gedeel word. Die hele woonstel is geteëld en die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg, daar is selfs 'n wasmasjien en 'n lang graniet ontbytkroeg met sitplek vir 6. Die sitkamer het baie gemaklike bankruimte en 'n groot TV met internasionale-kanale.

Hierdie woonstel het 'n privaat parkeerplek en 'n gaste word persoonlik verwelkom.

Bantry Bay het rotsagtige baaitjies en strande. Dit is 'n 10-minute kusrit na Kaapstad se middestad en baie naby aan die V&A Waterfront en Tafelberg-kabelkarretjies. Kampsbaai en Seepunt is perfek vir diegene op soek na restaurante en winkels langs 'n strandpromenade wat ideaal is vir stap, hardloop en sonsond-wandelinge.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Afribode Jocelyn On Bantry Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 R1 125 per nag (vir 4 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za