Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Joel's Off-the-grid Cottage

  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buffelsvalley-plaas 18, Oudtshoorn, 6650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Joel's Off-the-grid Cottage bied selfsorgverblyf wat in die Groot Swartbergreeks in die Klein-Karoo versteek is. Die plaas spog met vars bergwater, ongerepte en afgeleë watervalle en 15 km se staproetes wat gaste kan verken. Daar is vyf verskillende biome hier te vinde van Fynbos tot Karoo-vetplante en digte Karoo-bossies.

Hierdie troeteldiervriendelike permakultuurkothuis is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers met 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed op versoek. Elke en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n unieke buitebadarea wat gebruik maak van natuurlike bergwater en daar is ook 'n binnenshuise donkiestelsel om water te verhit. Die donkie dien ook as 'n kaggel vir koue winternagte.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatgasstoof en fluitketel. Die leefarea langsaan lei na 'n gedeeltelik-beskutte stoep met braaigeriewe wat uitkyk oor die asemrowende vallei en berge. Daar is 'n meditasie hangstoel aan die ander kant van die plaashuis op 'n heuwel en dis die ideale plekkie om te ontspan en rustig te raak. Gaste is ook welkom om af te koel in die bergwaterswembad.

Minimum voertuigvereiste is 'n agterwielaangedrewe voertuig met hoë grondvryhoogte. Indien nie, kan die gasheer vervoer na die kothuis verskaf, asook veilige parkeerplek onder skadunet op die plaas.

Goed gemanierde troeteldiere van klein- tot medium-grootte word toegelaat mits dit vooraf gereël is. Gaste kan hierdie rustige, omgewingsvriendelike plekkie kom ervaar waar die gashere hard probeer om hul koolstofvoetspoor so laag as moontlik te hou.

Die gehalte van die bergwater en die onbesoedelde lug is 'n addisionele bonus by hierdie selfsorgtoevlugsoord in die Groot Swartberge.

Slaapplek

’n Bespreking by Joel's Off-the-grid Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 37 resensies vir Joel's Off-the-grid Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Joel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Jaar gelys 2

Ligging

  • Buffelsvalley-plaas 18, Oudtshoorn, 6650, Wes-Kaap
  • Gaste dink Joel's Off-the-grid Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buffelsvalley-plaas 18, Oudtshoorn, 6650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0f94fed4ea09fcb98aa4ba1bdc09efc1717eb6f8aa7bf2cda5db505e9a72238a11f5f49c79f83e801ef2829ce4044190e38f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 37 5 1 5 18 Buffelsvalley Farm Oudtshoorn 6650 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -33.472872742953 22.645376887789
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem