LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Jonadstay | LekkeSlaap
+25

Jonadstay

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Stel-straat 93, Oakdale, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R725 R653 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Jonadstay is 'n selfsorgwoonstel in Oakdale waar vriendskappe gebou word. U opvolgbespreking is ons visie. Ons doel is om gaste privaatheid te bied, terwyl hulle gasvryheid ervaar.

Die woonstel het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed met ruim stoorgeriewe. Die volledige badkamer het 'n wasbak, toilet, bad en 'n stort. Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstofie. oondjie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en al die ander geriewe.

Die sitkamer beskik oor 'n dubbelslaapbank, waar 2 gaste kan slaap, asook 'n TV met DStv. Die slaapbank is ideaal vir kinders of tieners, maar volwassenes kan ook daarop slaap. Basiese skoonmaakgeriewe, soos 'n besem, mop en vadoeke, word voorsien. 'n Droograk is beskikbaar vir persone wat self wil wasgoed was tydens hulle verblyf.

Gaste is welkom om die braaigeriewe en die swembad te gebruik en daar is parkeerplek beskikbaar.

Die bekende Belville-fietsrybaan, Tygervallei-winkelsentrum en -waterfront, Cape Gate-winkelsentrum is naby Jonadstay geleë. Die Canal Walk-winkelsentrum is 15 minute se ry van die woonstel af en die V&A Waterfront is slegs 15 tot 20 minute se ry buite spitstye. Gewilde voorstede soos Durbanville, Tygervallei, Brackenfell, Welgemoed, Panorama, Vredekloof en Blomtuin is ook net 5 minute weg. Die meeste hospitale in die Noordelike Voorstede kan sommer binne 'n japtrap bereik word. Bloubergstrand en Melkbosstrand is 15 tot 20 minute se ry weg en Paarl, Strand, Gordonsbaai, Somerset-Wes en Stellenbosch 20 tot 30 minute weg.

Jonadstay is perfek geleë indien jy Kaapstad en die omliggende areas, lieflike strande, die V&A Waterfront, Tafelberg, wynplase, winkelsentrums en restaurante wil besoek.

As gevolg van die skade wat aangerig word deur motorolie, is veilige parkeerplek slegs beskikbaar vir voertuie wat nie olie lek nie. Voertuie wat olie lek sal gevra word om buite die heining te parkeer.

Skoonmaak- en onderhouddienste is beskikbaar teen 'n nominale fooi. 'n Breekskadedeposito is van toepassing.

Slaapplek

’n Bespreking by Jonadstay sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 11 resensies vir Jonadstay
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Van Der Stel-straat 93, Oakdale, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jonadstay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R725
R725 R653
per nag, vir 3 mense
Vanaf R725
R725 R653
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Stel-straat 93, Oakdale, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI3NGIyZTc1LTRmNDEtNGEwNy05NWEyLTRhYzc2ZDNjOGJmOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R725, nou Vanaf R653  per nag, vir 3 mense 11 5 1 5 93 Van Der Stel Street Oakdale 7530 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -33.88689293196 18.644493927863
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!