Beskrywing
Dié suite is van Karoo-klip gebou en pragtig gerestoureer na die oorspronklike tweeverdiepinghuis. Dit bied 'n ware Karoo-ervaring en is ideaal vir 'n gesin op soek na 'n rustige wegbreek. Die uitsig oor die Karoo-landskap is pragtig en gaste kan op die klipstoep by die braai ontspan. Die suite bied slaapplek aan 4 volwassenes. Daar is 'n dubbelbed oop die tweede verdieping en 'n dubbelslaapbank op die eerste verdieping. Die Ou Wa-suite het 'n kombuis met 'n stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser en yskas. Dit het 'n badkamet met 'n stort, 'n groot stoep en privaat braai-area. In die winter sal die ondervloerverhitting, elektriese komberse en knus beddegoed die koue verdryf. Die plaasdam is in 'n swembad omskep en is heerlik op warm somerdae.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Temperatuurbeheer
Vermaak
Huisreëls
Die Plaashuis: Die tariewe vir enkelpersone is R900 met 'n ekstra R100 vir elke opvolgende gas (tot en met 10 mense).
Kinders onder 2 jaar bly gratis.
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Die luukse eenheid in die plaashuis was voorheen die tuiste van 3 generasies skaapboere. Die huis het slaapplek vir 8 tot 10 gaste in 4 slaapkamers en 'n stoepkamer. In die winter sal die heerlike kaggel, ondervloerverhitting in die badkamer, elektriese komberse en knus beddegoed die koue verdryf. Daar is 2 groot stoepe met 'n lieflike uitsig oor die skape en springbokke wat wei.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
6 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Temperatuurbeheer
Vermaak
Huisreëls
Die Plaashuis: Die tariewe vir enkelpersone is R900 met 'n ekstra R100 vir elke opvolgende gas (tot en met 10 mense).
Kinders onder 2 jaar bly gratis.
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Kokerskolk Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang