Joubertsdal Country Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Joubertsdal Country Estate is gerieflik op 'n 400 hektar plaas aan die voet van die Langeberge en natuurlike Fynbos langs die R60 tussen Robertson en Swellendam, geleë.

Dié landgoed bied 2 volledig toegeruste, luukse selfsorg-gastehuise. Die hoofgastehuis, Neanderhöle, het slaapplek vir tot 10 gaste. Dit is gemeubileer met 3 koninggrootte-beddens, 2 enkelbeddens, 2 stapelbeddens en het 4 badkamers: 3 met storte en 1 met 'n bad.

Die pragtige kombuis is toegerus met 'n espresso-masjien, 'n bladroosterplaat en 'n gasoond-stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die gastehuis het 'n groot eetkamertafel wat sitplek bied vir 10 gaste. Die sitarea is goed ingerig met puik meubels en 'n plasma-TV met DStv-toegang. Daar is 'n patio waar gaste kan ontspan en 'n verfrissende swembad en 'n braaiplek wat gaste kan benut. Die swembad mag eksklusief deur Neanderhöle-gaste gebruik word.

Die tweede huis, Little Bess, het slaapplek vir 8 gaste in 'n knus Kaaps-Hollandse plaashuis. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer is gemeubileer met 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, handstort en wasbak. Daar is ook 'n aparte toilet en wasbak onder. Die kombuisie is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond en 'n koffiemasjien. Daar is 'n eetarea binne die huis en op die patio. Die sitarea het oorgenoeg sitplek rondom 'n groot, gesellige kaggel en daar is ook 'n TV met DStv.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Joubertsdal Country Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za