JustBe Farm Retreat
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Soutkloof Wildsplaas, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
JustBe Farm Retreat is 'n klein, privaat wildsplaas 11 km buite Piketberg.
Die huisie het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Albei slaapkamers het lugversorging, dubbelbeddens en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook ‘n buitestort met ‘n uitsig oor die vlakte.
Daar is ‘n sementdam met skoon windpompwater waarin gaste op eie risiko kan swem.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus en het 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. In die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel. Die verblyf het altyd krag aangesien daar 'n kragopwekker is.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n piekniektafel, braaigeriewe en 'n uitsig oor die wildsplaas waar gaste wild soos elande, swartwildebeeste, springbokke, Kaapse bergkwaggas en selfs die skugter silwervos te sien kan kry. Daar is ook volop voëlspesies. Die wildrit en warmbad is teen ekstra koste beskikbaar.
Daar is ook 'n kwekery met aalwyne, clivias, palmbome, spekbome, plantjies vir geskenkies en botterbome op die perseel. Doeninge in die omgewing sluit bergfietsry, voetslaan, valskermsweef, voëlkyk, wyn- en bierproe in.
Slaapplek
’n Bespreking by JustBe Farm Retreat sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
- Portugees
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Soutkloof Wildsplaas, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
- Gaste dink JustBe Farm Retreat het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Soutkloof Wildsplaas, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom