LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kaaimans River Cottage | LekkeSlaap
+39

Kaaimans River Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimansrivier, George, 6538, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Kaaimans River Cottage is aan die oewer van die bekende Kaaimansrivier en kan slegs met 'n roeiboot of kano wat deur die instansie voorsien word bereik word ? dus moet gaste wat hier bly avontuurlustig wees. Per boot of kano het gaste direkte toegang tot die pragtige Kaaimanstrand, die geheime waterval en unieke vaarte al langs die rivier wat plek-plek deur klowe kronkel. Dit maak van Kaaimans River Cottage 'n onvergeetlike buitelug-vakansie in die hartjie van die Tuinroete.

Hierdie drieslaapkamerkothuis het slaapplek vir 8 gaste en daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die solderarea.

Die kothuis beskik oor 'n kombuis, sitarea, eetarea, 'n onderdakstoep en 'n oop dek. Dit is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk. Sonkrag voorsien genoeg elektrisiteit vir basiese benodigdhede soos ligte, die laai van selfone en om 'n skootrekenaar of 2 vir 'n paar uur aan die gang te hou. Die stoof, yskas en warmwaterstelsel werk met gas.

Die perseel is troeteldiervriendelik indien dit vooraf gereël word en die troeteldiee goedgemanierd is. Let egter dat die huis nie omhein is nie. Die rivier bied darem 'n grens na die pad, tensy die troeteldier kan swem. Die kothuis is ideaal vir gaste wat van die buitelug hou en veral diegene wat lief is vir kampeer, sal van Kaaimans River Cottage hou.

Omdat gaste die rivier moet oorsteek om by die kothuis uit te kom, moet gaste daarop let dat die weer soms 'n rol kan speel. Om die rivier tydens 'n reënbui oor te steek is egter deel van die avontuur. Daar is 'n ongelooflike kaggel in die kothuis indien die weer nie saamspeel nie en gaste kan voor die vuur opkrul, bordspeletjies speel, 'n drankie geniet of na die reën op die rivier kyk wat nogal 'n ervaring is.

Slaapplek

’n Bespreking by Kaaimans River Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kaaimansrivier, George, 6538, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimansrivier, George, 6538, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb50c3aacaa60e8ace1f14da03681f5cc51bef936a6ff218c5b1d6191191f9ad28f7bccbcf064c4b7e3421729785912a51c42?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 8) Kaaimansrivier George 6538 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-16:00 10:00 -33.991760634233 22.551111755893
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!