aanbod Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 24 Feb 2020 tot 30 Apr 2020.
Wildernis Akkommodasie by Kaaimans River Cottage | LekkeSlaap
+24
+24

Kaaimans River Cottage

Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3.
  • Vanaf R2 500 R1 875 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimansrivier, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Kaaimans River Cottage is 'n beskutte selfsorgkothuis vir 8 gaste aan die oewer van die Kaaimasrivier.

Dit is ideaal vir gaste wat daarvan hou om deur die natuur omring te word en die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel 'n badkamer wat 'n bad het. Daar is 'n dubbelslaapbank in die solder.

Die derde slaapkamer is onder en het 2 enkelbeddens. Dit gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is 'n warm en koue stort buite. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke en ekstra komberse saambring vir koue aande.

Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye rondom die tafel in die eetarea of die etenstafel op die stoep geniet.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met 'n uitsig oor die rivier. Ingeboude braaigeriewe is beskikbaar op die dek. Daar is 2 kano's en 1 roeibootjie wat gaste kan gebruik. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Kaaimans River Cottage is nie omhein nie, maar die rivier dien as 'n grens sodat troeteldiere nie tot by die pad kan kom nie.

'n Kragopwekker voorsien saans beligting en daar is 'n warmwaterstelsel in plek. Gaste moet asb. hul eie flitse en koplampies saambring vir ekstra lig. Paraffien- en gaslampies of kerse word nie toegelaat nie. Die kothuis kan slegs per roeiboot of kano bereik word, so gaste se privaatheid word verseker.

Aangesien die kothuis direkte toegang tot die rivier bied, kan gaste visvang, swem, kano, die afgesonderde Kaaimansstrand en -waterval besoek of die klowe in die omtrek besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Kaaimans River Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Kaaimansrivier, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 500
Vanaf R1 875
per nag (plek vir 8)
was R2 500
Vanaf R1 875
per nag (plek vir 8)
was R2 500
Vanaf R1 875
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaaimansrivier, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd148e782347c0bb0585cfd552347a560a586874a663795457df5e6e4f5edfcf9770dcc9fefcb68dbe2745456b03960aa1406?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 500, nou Vanaf R1 875  per nag (plek vir 8) Kaaimans River Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -33.992133152819 22.551103523587
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za