LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kaapsehoop Adventures | LekkeSlaap
+44

Kaapsehoop Adventures

7 resensies
Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coetzeestroom, , Kaapsehoop, 1208, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kaapsehoop Adventures is selfsorgverblyf in Kaapsehoop in Mpumalanga. Die kamp maak gebruik van alternatiewe kragbronne soos sonkrag vir ligte, gas vir yskaste en stowe en 'n donkie vir warm water.

Ons is sowat 10 km van die dorpie af en die venue is op die platorand geleë. Die uitsigte is skouspelagtig en die area is bekend vir die ryk voëllewe en wilde perde in die woude. Ander diere word ook gereeld gesien, soos bobbejane, verskillende spesies bokkies, ystervarke en jakkalse.

Daar is 5 aparte kamers wat slaapplek bied vir 20 gaste in totaal. Die kamers het kaggels vir koue aande.

Ons maak individuele besprekings, maar die venue is perfek vir verjaarsdagpartytjies, familiebyeenkomste en selfs troues. 'n Spesiale tarief geld vir groepbesprekings vir 'n minimum-verblyftydperk van 2 nagte.

Die gemeenskaplike badkamers het storte. Die kombuis is volledig toegerus en al die gemeenskaplike areas word daagliks skoongemaak en skottelgoed word na etes gewas. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke bring. 'n Flits op koplig word ook voorgestel.

Kaapsehoop Adventures bied verskeie toere en pakkette. Jou gashere, Pierre en Sharon, sal 'n pakket op versoek saamstel. Jy kan kies tussen 'n toer na die plaaslike grotte of myne, in die watervalle gaan swem of 'n begeleide toer na Adam's Calender neem - een van die oudste mensgemaakte strukture in die wêreld.

As jy iets rustiger wil doen, kan ons 'n piekniek reël, terwyl jy 'n skemerkelkie geniet.

Ons verkoop ook hout teen R20 per sak indien gaste die kaggel in die kamer wil aansteek.

Gaste kan ook hulle bergfietse saambring en deur die woud ry of in die omgewing gaan gaan voetslaan.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 7 resensies vir Kaapsehoop Adventures
Netheid
3.1/5
Diens
4.1/5
Ligging
3.6/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Coetzeestroom, , Kaapsehoop, 1208, Mpumalanga
  • Gaste dink Kaapsehoop Adventures het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Panorama-roete Mpumalanga
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coetzeestroom, , Kaapsehoop, 1208, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAr10GIynotvsIE0RwTNSv1miqgumjzYxrAmT4nvVgtWrpbTCWKT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 4 Coetzeestroom Berlin Plantation 1208 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.610898766716 30.725291425606
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!