LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by KaiaMina at Hartenbos | LekkeSlaap
+52

KaiaMina at Hartenbos

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 39 resensies vir KaiaMina at Hartenbos
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5
Lindy V - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lindy V
Gesin met klein kinders

Netjies, skoon, gerieflik, perfek vir 'n gesin!

Ons het ons Paasnaweek daar baie geniet, sal hulle vir seker aanbeveel vir enige iemand. Baie goed ingerig, skoon, netjies en net 'n pragtige plekkie naby alles in Hartenbos/Mosselbaai. Ons sien uit na ons volgende kuier daar!

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Lindy. Baie dankie vir jou terugvoer. Ons waardeer dit verskriklik. Ons is so bly dat julle die tyd by ons geniet het. Ons sien uit na jul volgende kuier. Groete Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Marilize K - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marilize K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies plekkie om in te bly vir n paar dae in 'n veilige omgewing.

Sien sterre

Liezel N - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liezel N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik!

Baie skoon en netjiese plekkie. Alles wat ons nodig gehad het. Vriendelike eienaar en ons is verwelkom met heerlike melktert en koffie. Sal dit definitief aanbeveel

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hi Liezel, baie dankie vir die terugvoer. Gaste soos julle spoor ons aan! Lekker om julle hier te gehad het. Kom gerus weer.

KaiaMina at Hartenbos
Juan-pierre B - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juan-pierre B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het baie lekker gebly en ons verwagtinge is oortref.

Ons sal vir seker weer daar bly. Die vriendelikste mense, pragtige eenheid, en die lekkerste melktert ooit.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Juan-pierre
Baie dankie vir jul komplimente. Ons is baie bly dat julle lekker gebly het en die tyd by ons geniet het. Ons belowe om volgende keer weer 'n melktert gereed te hê.
Groete, Adriaan en Elmien.

KaiaMina at Hartenbos
Karin G - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karin G
Gesin met tieners

Hartelike ontvangs en gasvryheid.

Sal beslis die akkommodasie aanbeveel. Gasvrou het ook gesorg vir heerlike filterkoffie en melktert wat 'n heerlike bederf was.

Tom H - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tom H
Enkelreisiger

Vriendelik ontvang.

Alles skoon & in werkende toestand.

Amore V - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Amore V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Smaakvol en baie gerieflik.

Ons wat aangenaam verras met die netheid en gerieflike akkommodasie wat vir ons gewag het by KaiaMina en die vars pot koffie en heerlike melktert was 'n absolute treat. Adriaan en Elmien se vriendelikheid maak dit net meer aangenaam om daar te bly. Net jammer dit was so kort!

Riana B - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riana B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi, stil area en netjies.

Die lugverkoeling was fantasties. Baie mooi. Netjies en veilig. Onderdakparkeerplek. Die gasvrou is net so gaaf.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Liewe Riana. Baie dankie vir jou mooi woorde. Dit was so lekker om julle hier te hê! Julle het ons vreeslik bederf met daardie heerlike hoendervlerkies!
Sterkte in die Covid tyd... Ons sien uit na 'n kuier sonder maskers!
Groete,
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Braam V - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Braam V
Gesin met klein kinders

Baie aangenaam.

Ons was vriendelik gegroet deur die eienaars en dadelik this laat voel. Na die president se aankondiging dat die strande sluit hier langs die Tuinroete, het hulle selfs aangebied om ons 'n bedrag te vergoed vir die aande wat ons ons vakansie korgeknip het. Verder is daar alles wat 'n mens kort om jou vakansie so gemaklik as moontlik te maak. Was regtig waarde vir geld gewees.

Joe-louis P - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joe-louis P
Gesin met klein kinders

Was wonderlik rustig en baie gerieflik.

Ons het baie tuis gevoel en baie lekker gekuier sal definitief weer daar bly.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Joe-Louis en gesin. Baie dankie vir julle kuier by ons. Ons is bly julle het die rustigheid geniet en kon lekker rus. Groete Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Armand D - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Armand D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike wegbreek.

Verwelkoming met koffie en melktert was net die manier om jou te help afskakel. Baie lekker gebly en ek sal beslis weer daar gaan bly as ek die kans kry.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Armand

Dit was net so lekker om julle hier te gehad het. Hoop om julle gou weer te sien.

Groete
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Mariette M - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariette M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstaande!

Elmien is 'n gasvrou duisend! Hope bederfies het ons ingewag! Regtig 'n fasiliteit uit die boonste rakke! As jy akkommodasie in Hartenbos-omgewing soek, is hierdie vir seker die plek vir jou!

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Mariette!
Aaaaa.... Baie dankie vir die komplimente! Dit was n voorreg om julle by ons te kon ontvang! So lekker met hulle "gekuier"!
Sterkte met al jul planne in Tulbach. Kom kuier gerus weer as julle in ons omgewing kom.
Groete uit die Tuinroete
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Marlene S - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlene S

Vriendelike diens.

Baie vriendelike diens, skoon en netjies. Sal weer daar bly!

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Marlene.
Baie dankie vir jou kuier al die pad uit London. Ons is bly julle het dit geniet en hoop ons sien jou en jou ma binnekort weer.
Groete, Adriaan en Elmien.

KaiaMina at Hartenbos
Lelanie B - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lelanie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons sal beslis weer terug gaan. Dit was skoon, netjies en gerieflik! Die diens en vriendelikheid was puik en het ons regtig baie spesiaal laat voel. 10 uit 10!

Die melktert was 'n lekker bederf!

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Liewe Louis en Lelanie! Hoe klein is die wêreld! Baie dankie vir julle kuier hier. Dit was so lekker om weer n bekende gesig te sien! Dankie vir die komplimente. Ons waardeer dit en is bly julle het jul verblyf geniet. Ons hoop om julle sommer gou weer te sien. Groete Adriaan en Elmien. NS: Hoop julle het ure se plesiere met die nuwe wiele!

KaiaMina at Hartenbos
Johannes Jacobus S - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johannes Jacobus S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik.

Die woonstel is baie netjies en stylvol ingerig, het heerlik daar gebly, alles was in werkende toestand, vriendelike eienaars, baie behulpsaam. Sal enige tyd weer van dit gebruik maak.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Hannes en Meisie! Baie dankie vir die mooi woorde en gradering. Ons waardeer dit baie.
Baie dankie ook vir jul kuier hier, hoop volgende keer kom julle langer en is jy meer gelukkig met die vis!
Groete,
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Francois O - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekend van die beste!

Warm ontvangs van Ettiene en Elmien, na 'n lang reis het hulle ons baie welkom laat voel. Akkommodasie uiters netjies en skoon. Sal weer daar gaan bly.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo François. Baie dankie vir jul kort kuiertjie by ons.
Dit is altyd lekker om te verneem dat gaste welkom en tuis by ons voel. Ons hoop om julle sommer gou weer te sien!
Groete,
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Johan B - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan B

Baie netjies en gasvry, het die verblyf baie geniet.

Aangename verrassing en baie lekker melktert.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Johan! Baie dankie vir jou terug voer. Dit was lekker om jou en jou ouers te ontmoet en julle hier te akkommodeer. Ek is bly dat julle, ten spyte van die weer, 'n aangename verblyf by ons geniet het. Hoop ons sien julle in die toekoms weer.

Groete
Adriaan en Elmien.

KaiaMina at Hartenbos
Wilmar N - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilmar N
Gesin met klein kinders

Awesome accommodation.

Baie dankie Adriaan en Elmien, ons het 'n great vakansie gehad, sien julle gou weer!

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Liewe Wilmar, Joandi en kiddies. Baie dankie vir jul kuier by ons. Dit was vir ons heerlik om sulke gawe mense soos julle hier te hê. Ons is bly julle het die vakansie geniet en sien uit om jul Desember 2021 weer te sien. Groete Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Tracy-lee G - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tracy-lee G
Gesin met klein kinders

Wonderlike plek om stres te ontlaai.

KaiaMina was presies wat ons gesoek het en nog meer. Wonderlike diens, netjies en gemaklik. Elmien en Andries het ons baie tuis laat voel en het die ekstra myl gegaan om ons welkom te laat voel. Sal KaiaMina enige tyd weer gebruik en aanbeveel.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie Given en Tracy. Ons is bly julle was tevrede en het lekker gebly. Groete Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Liezl H - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liezl H
Gesin met tieners

Pragtig en gerieflik.

Dit is 'n pragtige plekkie, volledig toegerus en goeie waarde vir jou geld.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Fletcher, Liezl en kinders. Baie dankie vir jul kuier hier en die mooi woorde. Ons is bly julle het ons plekkie geniet en kom gerus weer as jul oppad is Riversdale toe.

Groete
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Abrie L - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Abrie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Knus, volledig toegerus, bekostigbaar en vriendelike ontvangs.

Ons het net een nag oorgebly en eers baie laat aangekom, maar ons is steeds so vriendelik ontvang deur Adriaan. Die verblyfplekkie is pragtig knus en die dekor lyk vrolik. Die bordjie by die deur met ons name daarop, was 'n welkome gesig. Ons het baie lekker gebly, alles gehad wat ons nodig kon kry, selfs 'n haardroër wat nie altyd beskikbaar is in meeste selfsorgplekkies nie. Die melktert in die yskas was 'n heerlike verrassing. Baie dankie Adriaan en Elmien vir 'n pragtige plekkie. Ons sal beslis aanbeveel vir familie en vriende.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Franciske.
Baie dankie vir al die komplimente. Ons waardeer dit dat jy tyd gemaak het om terugvoer te gee. Ons is bly julle het jul verblyf geniet, ons missie is om dit vir gaste so gerieflik moontlik te maak. Baie dankie vir toekomstige verwysings. Maak self gerus ook weer n draai.
Groete
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Marius V - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius V
Gesin met klein kinders

Asemrowend.

Die plekkie was beautiful en het al die fasiliteite wat n mens benodig. Sal definitief weer by hul bly. Ons beveel definitief ook die plekkie aan.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie! Dit was lekker om julle hier te ontvang. Ons is ook bly julle het veilig gery - die mis was darem erg toe julle hier weg is!

Ons sien uit na jul volgende besoek.

KaiaMina at Hartenbos
Tarien B - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tarien B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome.

Was ongelooflik lekker. Sy het ons laat tuis voel. Als wat ons nodig gehad het was daar. Kan oor niks kla nie, was uitstekend gewees.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Beste Tarien,

Baie dankie vir ons 5 sterretjies! Dit was so lekker om julle hier te huisves. Hoop ons sien julle volgende jaar weer met die Buff.

Sterkte met jul reëlings.

Groete,
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Johan E - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Johan E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goed toegerus. Gasvry.

Baie lekker gebly en sal weer gebruik.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Johan en Frannie,
Baie dankie vir jul kuier hier en die mooi kompliment. Dit was lekker om jul hier te hê, kom gerus weer.
Groete,
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Jeanette B - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeanette B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastic place. Nice and neat and friendly hosts.

Was fantastic living there. Will definitely recommend it to others. Beautiful place, friendly hosts.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hi Jeanette,
Thank you for taking the time to give us feedback and kind compliments. It was a pleasure having you. Looking forward to you next, hopefully longer, visit.
Best regards,
Adriaan & Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Bonita C - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bonita C
Gesin met tieners

Fantasties.

Vriendelike warm ontvangs. Dit was absoluut netjies, rustig en akkommoderend op alle gebiede. Ons sal enige opgevoede persoon daarnatoe verwys.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie Bonita! Dis altyd lekker om positiewe terugvoer te kry. Dit was lekker om julle te kon ontmoet.

KaiaMina at Hartenbos
Andri O - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andri O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onvergeetlik.

In my lewe het ek nog nooit sulke gasvryheid beleef nie. Van die verwelkoming tot afskeid. Die melktert in die yskas was 'n groot verrassing en die afskeidsplantjie was baie spesiaal. Die ligging is perfek en die woonstel is ongelooflik netjies.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Andri! Baie dankie vir die mooi woorde! Dit was vir ons n voorreg om julle hier by ons te kon ontvang. Ons hoop ons sien julle spoedig weer.

KaiaMina at Hartenbos
Stephanie D - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephanie D
Gesin met klein kinders

Baie mooi plekkie en voel welkom en is kinder-vriendelik.

Ons het baie lekker gebly in die pragtige mooi skoon KaiaMina in Hartenbos, sal beslis weer daar gaan bly. Die eienaars ook baie vriendelik en laat mens so welkom voel.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Stephanie! Baie dankie vir die kompliment! Ons waardeer dit. Ons is bly julle en die kinders het dit geniet. Hoop ons sien julle binnekort weer by KaiaMina at Hartenbos!

KaiaMina at Hartenbos
Cobus D - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cobus D
Gesin met klein kinders

Gerieflik met attention to detail.

Baie dankie Adriaan en Elmien. Die verblyf was regtig perfek, waarde vir geld, skoon en netjies! Wat seker die meeste oplettend was, is hoe skoon dit is, en baie dankie vir die DStv en die geskenkies, julle is puik! Ons het lekker gekuier, gebraai en gerus! Ek beveel julle vir seker aan, en julle sal ons weer sien na die nuweling aangekom het!

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie Cobus. Ons waardeer julle kompliment. Spesiale gaste soos julle maak dat ons bly streef na beter diens. Sterkte vir die laaste rukkie. Ons sien uit om die nuweling ook te ontmoet.
Groete,
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Charles P - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Charles P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ideale plek om tuis te wees weg van ons eie huis.

Baie aangename en rustige plek. Vriendelike ontvangs en stil en privaat woonarea. Netjies uiteengesit met alle geriewe wat benodig word om verblyf te vergemaklik. Uncapped WiFi is 'n bonus.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Dit was ‘n plesier om julle hier te hê!!

KaiaMina at Hartenbos
Cornie P - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornie P
Besigheidsreis

Heerlike, ontspanne stukkie hemel op aarde/

Pragtige plekkie met baie mooi uitsig en heerlik, rustige verblyf.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Hallo Cornie,

Baie dankie vir julle vinnige kuier by ons. Ons is bly julle kon ook deel in die rustigheid van ons plekkie. Maak gerus weer 'n draai as julle in die omgewing is. Groete Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Leon D - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leon D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome.

Uitstekende waarde vir geld.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie.
Dit was 'n plesier om julle hier te kon hê.
Ons hoop julle toer weer hier verby.
Voorspoed met julle planne

KaiaMina at Hartenbos
Zaid S - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zaid S
Gesin met tieners

Dit was fantasties.

Uitmuntende diens en waarde vir geld verblyf.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie. Dit was net 'n plesier om julle te ontvang. Hoop ons sien julle volgende keer vir 'n langer tydperk!

Groete

KaiaMina at Hartenbos
Jacqui R - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacqui R
Gesin met tieners

Lieflike, netjiese verblyf.

So 'n pragtige plek. Mooi versier en gerieflik. Baie vriendelike gasheer.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Lovely neat accommodation.

Such a gorgeous space. Beautifully decorated and comfortable. Very friendly host.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Thank you Jacqui, it was a real pleasure to have you here, just too short. Next time you need to have a sundowner on the deck to enjoy the view. We are looking forward to it. All the best!!

KaiaMina at Hartenbos
Annamarie J - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annamarie J

Pragtige, volledig toegeruste, veilige verblyf en boonop sentraal geleë.

Ons het ons verblyf hier baie geniet. Die gasheer en gasvrou het uit hul pad gegaan om ons welkom te laat voel. Die eenheid is silwerskoon en goed toegerus met 'n lieflike uitsig.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie Annamarie. Dit was lekker om julle te kon ontmoet. Julle was uitstekende gaste. Hoop ons sien julle sommer gou weer.

KaiaMina at Hartenbos
Susan S - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie heerlik en gerieflik.

Dit is skoon, netjies, gerieflik, gemaklik en veilig.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie julle. Dit was 'n plesier om julle hier te hê. Ons sien uit na julle volgende besoek.

KaiaMina at Hartenbos
Fabian S - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Fabian S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelike eienaars.

'n Mooi, skoon en ten volle toegerus met alles wat jy nodig het vir 'n naweek weg. Ons het ons tydjie geniet daarso.

Johan S - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ideale plekkie vir 'n wegbreek.

Ek sal enigetyd weer gebruik maak van KaiaMina at Hartenbos se verblyf. Netjies, skoon en net wat 'n mens nodig het om weer jouself te vind.

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie Johan en Marietta. Ons is bly julle het julle verblyf hier geniet. Julle is enige tyd weer welkom. Groete Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Classina K - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Classina K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Spot on.

Kan KaiaMina aanbeveel!

KaiaMina at Hartenbos's terugvoer

Baie dankie tannie.

Dit was lekker om julle hier te hê. Hoop ons sien julle weer in Hartenbos.

Groete
Adriaan en Elmien

KaiaMina at Hartenbos
Vanaf R750
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkiD9vqxDvk7bneyZeAo0e4W1MtfbqueIeWD02tpw78g8yDP8eE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 4 persone) 39 5 1 5 84 Essenhout Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-23:00 10:00 -34.122407833809 22.103274464607
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!