Kalahari Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kalahari Guest House is in Ben Fleur in Witbank geleë. Dié stad en sy omgewing is bekend vir mynbou en dit is die perfekte oornagplek onderweg na die Krugerwildtuin. Die stad het ook 'n enorme dam wat goeie visvang-, bootry- en ander watersport-geleenthede bied.

Dié gastehuis bied verskeie verblyf-opsies, soos enkelkamers, dubbelkamers, gesinskamers en koningin kamers. Al die kamers het en suite-badkamers. Elke kamer het ook 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en WiFi-toegang. Die meeste kamers is apart van die hoofgebou en het hul eie ingange.

Veilige parkeerplek word voorsien, maar die onderdakparkeerplek is beperk. Verskeie dienste en geriewe is op versoek teen ekstra koste beskikbaar, maar. Dit sluit die gebruik van die braaigeriewe, aandete-, ontbyt- en middagete-kospakkies, 'n gelisensieerde kontantkroeg, en 'n wasgoeddiens in. 'n Gemeenskaplike selfsorgkombuis is ook beskikbaar.

Die Ben Fleur-woonbuurt is 'n stil omgewing met die Ben Fleur Boulevard-winkelsentrum wat sowat 500 m van die gastehuis af is. Dié winkelsentrum spog met 'n Checkers, 4 restaurante en verskeie kitskosrestaurante.

Die Highveld Mall, Ridge Casino, Witbankdam, Curro-skool en Bakenveld-gholfbaan is almal binne 'n 2,5 tot 3,5 km radius van die gastehuis af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kalahari Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za