LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kalahari Water Holiday Farm | LekkeSlaap
+32

Kalahari Water Holiday Farm

Selfsorg

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 36 resensies vir Kalahari Water Holiday Farm
Netheid
3.7/5
Diens
3.7/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.6/5
Bobby W - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bobby W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitsonderlike wingerdplaas. Baie rustig, wens ek kan daar aftree.

Die son sak wanneer ons Valies eintlik al amper kooi toe gaan, maar dit maar was deel van die asemrowende Noord-Kaap.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Bobby, baie dankie vir die positiewe terugvoering, dis heerlik om in die skoon lug en pragtige stil natuur te ontspan. Ons is bly julle het dit geniet. Vertrou ons sien julle gou weer.
Groete
Kalahari water

Kalahari Water Holiday Farm
Madri/manie J - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madri/manie J

Lekker Kalahari Water.

Ons het so lekker gebly met ons honde. Alles is skoon en die plekkie so mooi. Baie dankie vir die verwelkoming en vriendelikheid.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Mardi en Manie , Baie dankie vir die positiewe terug voering, Dis lekker om te sien dat ons gaste dit op Kalahari water geniet het en tevrede was met ons diens.
Hoop ons sien jul gou weer.
Helene

Kalahari Water Holiday Farm
Detlev T - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Detlev T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Redelik.

Waaier in kombuis het nie gewerk nie en daar was baie vlieë. Toilet werk nie reg nie. Die stort spuit maar baie yl.

Elizna S - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Elizna S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gebly en huis was baie gerieflik. Lugversorger 'n bonus.

Baie gasvrye mense. Het ons baie welkom laat voel en moeite gedoen om ons kuier lekker te maak. Baie dankie Dirk vir jou gasvryheid. Sal definitief weer kom.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Dis vir ons aangenaam om ook positiewe terug voering te ontvang, baie dankie.
Vertrou ons sien gou weer.
Kalahari Groete

Kalahari Water Holiday Farm
Jan K - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Jan K
Gesin met tieners

Nee wat, dis nie waarde vir my geld nie. Miskien vir iemand anders.

'n Pluspunt was ons was nie gebyt van die muskiete nie.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Jan, dankie vir die terugvoering. Dit is baie jammer dat jul nie werklik waarde vir jul geld gekry het nie. Ons is baie bly om te hoor die muskiete en goggatjies soos muggies en brandassies het nie gepla nie aangesien dit met die groenplante en dam met water by die boerdery 'n uitdaging bly om te beheer.

Kalahari Water Holiday Farm
Nathalie K - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Nathalie K
Gesin met klein kinders

Dit was wonderlik.

Ons verblyf by hierdie plek was baie lekker. Net een nadeel: ons kon nie gebruik maak van die swembad nie omdat dit beset was. Dit was teleurstellend omdat dit warm was en ek het uitsonderlik bespreking gemaak vir die swembadgeriewe.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Nathalie, baie jammer dat julle net die diep opslaanswembad tot julle beskikking gehad het. Ons het 18 maande gelede al die familie bespreking vir 30 persone by die 3 ster gastehuis en lapa by die swemdam gekry op voorwaarde dat dit dan net vir hul gebruik is. Dit gebeur selde dat ons so 'n bepreking kry en vra verskoning vir die ongerief.

Kalahari Water Holiday Farm
Cindy N - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
2/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Cindy N
Gesin met tieners

Kry die nuutste foto's van die perseel met chalets/tenthuise . Die fotos op die webtuiste is nie die nuutste weergawe van die verouderde perseel nie.

Defnitief nie waarde vir geld nie. Sal glad nie die plek vir my vriende aanbeveel nie en sal ook seker maak dat hulle nie die plek oorweeg nie. Vergelyk die rand waarde met Tkabies dan dal julle agterkom hoe "overpriced", vuil en onveilig die plek is.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Cindy
Ons respekteer u sterk persoonlike opinie, net jammer u het nie onmiddelik met ons by die kantoor kontak gemaak nie. Ek rig 'n vriendelike uitnodiging tot enige persoon om die genoemde misleidings uit te wys, dit sal baie waardeer word.

Kalahari Water Holiday Farm
Riana E - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riana E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gebly.

Met ons honde op vakansie. Was die ideale oorslaapplek.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Baie dankie dat julle by ons op Kalahari Water oornag het, dit is vir ons 'n plesier om ons gaste en honde-kinders tuis te laat voel. Geniet Kleinzee en 'n geseënde kerstyd vir julle.
Ons sien uit na jul volgende besoek,
Kalahari Water-groete

Kalahari Water Holiday Farm
Elize R - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike pragtige omgewing en baie vriendelike mense.

Beveel Kalahari Water vir enige persoon aan. Pragtige vriendelike mense.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Ons is baie bly dat julle baie lekker gebly het. Ons is voorwaar geseend en bevoorreg om in n baie besondere natuurskoon gedeelte met al sy kontraste te woon en daarom wil ons dit graag met ander deel. Julle en almal is altyd baie welkom.

Kalahari Water Holiday Farm
Marina S - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marina S
Saam met vriende

Gerieflik.

Gerieflike oornag-fasiliteit, netjies en skoon.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Baie bly julle het lekker gebly, hoop ons sien weer.

Kalahari Water Holiday Farm
Annalien D - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Annalien D
Gesin met tieners

Sal nie aanbeveel nie.

Nie die geld werd om daar te gaan bly. Ons het by 'n toe ontvangs gekom. Moes nommers bel wat glad nie wou lui nie. Plek nie netjies. Nie soos op foto's. Swembad nie water in ens. Vul nie jou koffie ens. op elke dag. Het vier koffies gehad vir eerste oggend. Tweede oggend moes ons ry om iewers koffie te gaan drink.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Beste Annalien,

Ek is werklik jammer vir u swak ondervinding en bied nogmaals verskoning aan. Ons poog om ons gaste hartlik te ontvang en 'n aangename rustige plaaservaring te laat beleef.
Soos aan u verduidelik en verskoning aangebied is, is ons baie jammer dat daar niemand by ontvangs was nie aangesien hy in die dorp was vir dringende sake. Ek was binne 5 min nadat u my geskakel het tot u diens. Die oproepe word nie herlei is nie, is soos ek aan u erken het nie aanvaarbaar nie.
Ons swembad is slegs van 1 Oktober tot na die Paasnaweek gevul en beskikbaar vir swem aangesien dit oor tyd bewys is dat niemand gedurende die koue periode van die jaar swem nie. Ek sal die misleidende swembad foto laat vervang, baie dankie.
Ons word duidelik as 'n selfsorg bestemming bemark en nie B&B nie. Ek het u ook in die gastehuis gedeelte akkommodeer en nie in die Dam selfsorgeenhede waar u bespreek het nie. Verder het ek gedurende die naweek by 4 geleenthede persoonlik met u probeer kontak maak, maar was ongelukkig elke keer te vroeg of te laat. U nommer het ook nie geskakel nie en ek het aanvaar dat die rede kon wees dat u uit Namibie kom.

Nogmaals ons verskoning.

Dirk Malan

Kalahari Water Holiday Farm
Deon B - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Deon B
Saam met vriende

Geen klagtes, goeie waarde vir geld.

Die plek is skoon en netjes en alles werk - al wat ek soek.

Jarries V - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Jarries V
Saam met vriende

Beslis nie waarde vir geld verblyf nie.

Ons was op reis deur die Noord-Kaap van Griekwastad tot die Richtersveld en die Tankwa Karoo en hierdie verblyf het eenvoudig afgeskeep by al die ander sover dit waade vir geld aangaan. Niemand het ons ontvang nie, besoekers het tussen ons motors rondgedwaal, een slaapkamer se venster het in 'n vertrek uitgekyk. Ek sal nie weer terugkeer nie.

Jaco E - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Jaco E
Gesin met tieners

Glad nie soos wat geadverteer word of fotos wat voorsien word nie.

Is baie teleurgesteld. Het nie oorgebly nie. Moes ander verblyf kry. Glad nie op standaard nie. Verwaarloos. Niemand het ons by ontvangs ontvang nie. Werker het slegs gesê ons moet deurgaan.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Die kommentaar op Kalahari Water Holiday Farm vervat in bogenoemde resensie van Jaco Erasmus, soos per e-pos ontvang van Lekker Slaap , verwys, en wens Kalahari Water om by wyse van hierdie skrywe daarop te reageer. Kalahari Water bevestig hiermee en waarborg dat alle foto's wat op sy webtuiste, TravelGround/LekkeSlaap verskyn, 'n ware en juiste aanduiding is van dit wat gaste van hul verblyf en ondervinding op die plaas kan verwag.

Meneer Erasmus het die vakansieplaas besoek op 22 Desember 2016, en het in werklikheid 'n baie klein hoeveelheid van die plaas gesien. Soos genoem in mnr Erasmus se resensie, het hy nie 'n enkele nag op die plaas oorgebly nie. Gevolglik is enige kommentaar, ongeag die meriete daarvan, gebaseer op 'n uiters beperkte en misplaaste waarneming.

Daar is gepoog om met mnr Erasmus telefonies te kommunikeer Vrydagoggend, waarin hy egter sy onbereidwilligheid om die saak te bespreek duidelik gestel het. Tog het hy die verwaarlosing en veral die misleiding deur advertensies en foto’s beklemtoon. Hy het spesifiek na die artikel in “die Weg Sleep van September 2016” verwys as misleidend. Bogenoemde artikel is gepubliseer sonder dat ek eens bewus was van die joernalis se teenwoordigheid, aangesien die oorde as gewone betaalde besoekers inboek. Mnr Bruwer moet asb. spesifiseer spesifiek watter inligting misleidend is, wat nie op standaard is nie en wat op die wingerdplaas verwaarloos is. Daar bly ook geen permanente inwoners in die deel van die oord nie, soos genoem in die kort telefoniese gesprek nie. (Bespeur nogal iets wat grens aan laster.)

Ek persoonlik was die dag 30 m vanaf die kantoor met ‘n funksie besig en die selnommer is duidelik aangebring en dus kon die nr net geskakel word vir diens.

Daar het meer as 100 persone wat die woonwapark, 320 persone wat die selfsorgeenhede, 350 wat die groepfasiliteit (lapa) en meer as 1000 dagbesoekers wat die vakansieplaas besoek het gedurende Desember. Op die 22ste Desember was daar ‘n 60 jarige huweliksherdenkingsfunksie vir 40 persone by “Oupa Piet se Dek” net na die ingang, 30 persone by die lapa en speelparkie met die opslaanswembad voor die ingang na die woonwapark. In die woonwapark was daar geen dagbesoekers gedurende die dag nie. Die dagbesoekterrein is 2,5 km vanaf die woonwapark en chalets.

Kalahari Water Adventure Farm
Dit is ons strewe om ‘n ontspanne, rustige plaasatmosfeer vir ons gaste te skep.

Kalahari Water Holiday Farm
Adele H - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adele H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustig.

Baie lekker om die dammetjie en met die ganse wat daar wei.

Kobus H - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kobus H

Baie rustige omgewing en gerieflik geleë.

Baie lekker gebly. Sodra jy die warm water by die storte uitgewerk het, gaan dit goed.

Henk V - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Henk V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie vriendelike ontvangs/diens en goeie waarde vir geld in aangename ligging.

Ons was heel vriendelik ontvang, die verblyf was aangenaam maar ook gerieflik vir die doel wat ons die Upington en Augrabies gebied wou besigtig. Ook die ervaring van bly op 'n wynplaas was baie interessant.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Baie dankie vir mooi woorde. Ons deure staan altyd oop vir ieder en elk.

Kalahari Water Holiday Farm
Roderick R - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Roderick R
Saam met vriende

Nie te sleg nie.

Hulle Bush Camp is aaklig. Geensins geskik vir menslike gebruik nie. Ons dink dat hulle daai kamp toemaak of ontwikkel. Die hutte binne lyk pateties en die matrasse septies.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Mnr Robertson het aanvanklik klagte gehad dat die boskamp te oop en koud is vir hulle waarna hulle onmiddellik na die "back packers damhuts" oorgeplaas is. Met persoonlike gesprekke tydens hul verblyf en telefoniese gesprek bevestig op 22/7 het hulle skynbaar lekker gebly vir die 2 dae te Kalahari Water. Het klagte dat die foto en beskrywing van boskamp misleidend is.
Hiermee dus voldoening aan Mnr Robertson se openbare versoek en word LekkeSlaap en TravelGround versoek om die River Bush Camp te verwyder van jul advertensies onder Kalahari Water.

Kalahari Water Holiday Farm
Ora J - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ora J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rusplek vir 'n moeë reisiger.

Sien die sterre.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Baie dankie vir die resensie, ek waardeer dit.
Dirk Malan

Kalahari Water Holiday Farm
Bennie B - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Bennie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Glad nie beïndruk nie.

Geen persoon by ontvangs nie. Moes bel om ingeboek te word. Nie die rondawel wat ons bespreek het gekry nie. Moes na ander een skuif. Baie onprofessioneel.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Ons het probeer om kontak te maak met gas maar was nie suksesvol nie. Dus kon ons nie meer inligting kry om die probleem aan te spreek nie. Ons kantoor word nie voltyds beman nie. Dit word ook so op ons eie webblad aangedui en self op ons telefoon boodskap, Daar is ook duidelike borde by kantoor. Ons probeer egter om nie langer as 5 min te neem om iemand te stuur nie. Die rondawel kwessie dra geen meriete nie in die opsig dat die besprekings deur LekkeSlaap nie voorsiening maak om 'n spesifieke eenheid te bespreek nie. In die geval is 'n bespreking vir 'n dam eenheid gemaak wat enige een van 6 eenhede kan wees.
Soos voorheen genoem kan daar iets anders wees wat aanleiding gegee het tot die probleem maar ons kan nie die feite van die gas se kant bekom nie. Verder wil ek vir enige gas of voornemende gas, by enige plek vra om altyd so spoedig moontlik die bestuur in kennis te stel van enige probleem van watter aard ook. Ek neem aan, soos by ons, dat daar onmiddellik werk gemaak sal word van 'n probleem. Maar as daar nie kennis gedra word van 'n probleem nie kan niemand aandag daaraan gee nie.

Kalahari Water Holiday Farm
Ora J - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Ora J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Het voldoen aan die vereistes vir die doel waarvoor ons dit wou gehad het.

Johnny B - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johnny B
Gesin met tieners

Baie stil, kan goed rus.

Goed geleë om besienswaardighede te besoek.

Suelette P - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Suelette P
Gesin met tieners

Lekker afgekoel in swembad. Danville is baie oulik en behulpsaam.

Maak seker van aandete. Daar is geen eetplekkies oop in die aand nie. Die nodige dinge is daar. Sal verseker weer daar oornag.

Francois D - Okt 2015
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
3/5
Francois D
Gesin met klein kinders

Jy kry waarvoor jy betaal.

Ek sal dit aanbeveel vir oornagblyplek. Nie vir langer as een dag nie. Bietjie oud en verwaarloos.

Anieka M - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anieka M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het 2 aande daar oorgebly en dit baie geniet.

Ons eenheid was ongelukkig nie gereed toe ons teen die laat middag daar aangekom het nie, maar die eienaar was baie verskonend en het dit gou laat skoonmaak en gereed kry.

Alfred F - Aug 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Alfred F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sal nie as eerste keuse in die betrokke prysklas aanbeveel nie.

Was betreklik teleurgestel omrede die fotos wat ons vooraf gesien het, nie die werklikheid weerspieël nie. Die eenheid self was netjies genoeg, maar geen warm water plus 'n vreemde, minder opwindende reuk in die eenheid.

Kalahari Water Holiday Farm's terugvoer

Ons is baie jammer as u mislei voel, maar sal baie graag wil weet watter fotos misleidend is sodat ons dit kan regstel indien ons dit nodig ag. Alle fotos wat op die blad verskyn is onveranderd en geplaas net soos hulle geneem is. Wat die warm water betref is ons ook spyt en jammer oor, maar net die volgende. Mnr Malan (eienaar) het die aand 'n besoek aan u gebring en het vir u gevra of daar enige probleme is en u het niks genoem nie. Ook het hy soos ons gewoonte en gebruik is gesê om hom direk te skakel sodra daar 'n probleem opduik. Wat nie gedoen is nie. Van die reuk kan ek nie kommentaar lewer nie aangesien dit nou 10 dae is nadat u hier tuis gegaan het en sedertdien het ons verskeie gaste in dieselfde eenheid gehad en niemand het nog 'n woord genoem daarvan nie.
Ek vra aan almal wat hier lees, ongeag waar U tuisgaan of beplan om tuis te gaan, meld probleme of gebreke onmiddellik aan. 'n Probleem kan nie opgelos word as daar nie van kennis gedra word nie.

Kalahari Water Holiday Farm
Anton N - Jul 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Anton N
Gesin met klein kinders

Dit is 'n baie mooi plekkie in 'n baie mooi omgewing.

Ons was ook beïndruk met Keimoes. Dis 'n oulike plekkie, met gawe en vriendelike mense. Ons het lekker gebly.

Willem S - Jul 2015
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Willem S
Saam met vriende

Net oornag op pad na die Kgalagadi.

Ongelukkig het ons later gevind dat die drein van een van die huisies verstop was en nie deur die werkers herstel kon word nie. Dit was ontwrigtend in die sin dat as 'n mens heeldag gereis het en vroeg wil inkruip na 'n lekker stort om vroeg verder te reis, jy min krag en lus het vir sukkel!

Marita E - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marita E
Gesin met klein kinders

Aangenaam en heeltemal voldoende fasiliteite.

Sal weer hier oorslaap in die toekoms.

Jani D - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Jani D
Gesin met klein kinders

Lekker!

Sien die sterre.

Sylvia K - Jan 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sylvia K
Saam met vriende

Die plaas is netjies en goed versorg.

Die staf was baie vriendelik en hulpvaardig.

Pieter W - Des 2014
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Pieter W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very nice

Enjoyed our stay. Always felt safe. Caravan park setup is great.

Bertie M - Des 2014
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Bertie M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Lekker kuierplek.

Elize F - Sep 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sal enige tyd weer daar gaan bly.

Vriendelike diens en wonderlike gawe mense. Heerlike warm water, skoon linne en baie gerieflik. Het ons baie tuis laat voel.

Wouter V - Jul 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wouter V
Gesin met tieners

Rustig!

Ons gesin het ongelukkig net een nag hier oorgebly op pad na Johannesburg. Sou graag meer aande wou slaap om die omgewing verder te verken. Die huisie was netjies en ruim, met 'n lekker braaiplek. Die swembad-area behoort baie gewild te wees in die somer. Die omgewing bied heelwat opsies vir stap, draf en bergfietsry. Ek beveel Kalahari Water Holiday Farm sterk aan.

Roenel A - Jun 2014
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Roenel A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig en stil na 'n lang reis.

'n Aangename en rustige omgewing tussen die wingerde.

Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 112 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanshoekweg 7, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAP96199qalgIO79RA35hA0g40kCQhVuYyuGNO9L0UZ9Ysx1yDhO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R280  per nag (vir 2 persone) 36 5 1 4 7 Malanshoek Road Keimoes 8860 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -28.717746018227 20.956174135208
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!