Kaleo Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kaleo Guest Farm is geleë in die skilderagtige Koue Bokkeveld, hoog bo die Ceres-vallei, sowat 2 ure se ry van Kaapstad af. Dié elegante landgoed het verblyf- en funksiegeriewe. Kaleo Guest Farm is in die hartjie van die Wes-Kaap geleë.

By Kaleo Guest Farm word luukse verblyf, 'n elegante atmosfeer, geskiedenis en natuurskoon pragtig vermeng om die ideale bestemming vir 'n wegbreek of funksie te skep. Ons bied ook konferensies, pieknieks, spanbou, spesiale geleenthede en privaat funksies aan.

Le Paris Lapa is ook beskikbaar vir informele funksies en/of spanbou-geleenthede. Kampeergeriewe is ook beskikbaar by die Lapa. Geniet die groen gras en 'n pragtige dam terwyl jy braai en jou vriende en familie se geselskap geniet.

Kaleo was ook bevoorreg om die Tankwa Trek Mountain Bike Race vir die 2de keer aan te bied, en ons is alreeds bespreek vir 2015. Jy sal mal wees oor ons bergfiets- en staproetes. Rotsklim met of sonder 'n gids is ook beskikbaar. Ons het ook die mooiste rotstekeninge wat jy ooit sal teëkom.

Kom kyk ook gerus na die eienaar se klassieke trekkerversameling. Hierdie voertuie kan ook gebruik word om bruide van die opstal na die klein kapel te vervoer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kaleo Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za