Kambaku Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kambaku Safari Lodge is goed geleë en in die hartjie van die privaat Timbavati Natuurreservaat aan die westelike grens van die Kruger Wildtuin. Daar is geen heinings wat die vrye beweging van wild tussen die reservaat en die park belemmer nie. Timbavati is sodoende deel van 'n reuse, ongerepte natuurlike wildernisgebied in die Groot Kruger Wildtuin.

Kambaku (alleenloper-olifantbul) is vernoem na een van die Magnificent Seven-reuse-olifante wat vir die grootste deel van die vorige eeu in die park rondgeloop het. Hierdie olifante was bekend vir hul massiewe tande, waarvan een ongeveer 60 kg geweeg het.

By Kambaku Lodge is dié legendariese diere nie vergeet nie. Hulle word onthou deurdat elke chalet na een van hierdie manjifieke bos-reuse vernoem is.

Die 8 grasdak-chalets by Kambaku akkommodeer net 16 gaste en bied 'n verskeidenheid opsies wat wissel tussen die wittebroodsuite, gesinsuites en dubbel- en 2-enkelkamers. Dié verskeidenheid maak die lodge ideaal vir klein familiebyeenkomste, intieme troues en eksklusiewe sakebyeenkomste. Die wittebroodsuite sal binnekort ekstra privaatheid bied, met 'n tikkie van die ongewone.

Die verblyf is eksklusief maar bekostigbaar enontwerp om die koel kalmte in die hitte van die Afrika-bos te weerspieël. Daar is hemelbeddens met klassieke, gedrapeerde muskietnette in elke kamer. Ons is bewus van ons koolstofvoetspoor en die kamers is daarom met lanterns vir die aande toegerus. Elektrisiteit is tot die minimum beperk, maar daar is 220V-kragpunte wat deur 'n eko-vriendelike sonbatterystelsel gesteun word. Die plafonwaaiers verskaf 'n welkome verligting van die somerhitte en gas- en sonverhitting verseker heerlike warm stortbaddens in die koel winters.

Elke chalet het sy eie veranda waar gaste kan ontspan en die diere by die watergat kan dophou.

Die chalets, hoof-lodge en die dek-area kyk uit oor die privaat watergat, waar diere-aktiwiteite in privaatheid dopgehou kan word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Grieks

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kambaku Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R11 900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za