Kambaku River Sands

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aan die oewer van 'n droë rivierbank staan die majestueuse Kambaku River Sands. Hiér sal gaste nie anders kan as om terug te sit en te ontspan nie.

Dié onomheinde kamp is ideaal geleë op 'n rivierdraai met wilde diere wat vrylik om en deur die kamp beweeg. Dit verseker 'n paar onvergeetlike ontmoetings met olifante, buffels en bosbokke om maar net 'n paar te noem. Die hooflodge het 'n ruim sitkamer met twee groot kaggels vir die koue winteraande. By die kroeg kan gaste sien hoe olifante by die swembad kom suip, terwyl hulle 'n yskoue bier of glasie wyn geniet. Die wynkelder bied verskeie eersteklas wyne en is ook ideaal geleë om oor die die watergat uit te kyk.

Die 10 luukse suites op die rivieroewer is elkeen elegant ingerig met lugversorging, 'n dubbelstort, 'n spa-bad en 'n buite-stort vir avontuurlustige gaste. Met enorme glas skuifdeure wat toegang bied tot 'n privaat dek, hoef gaste nie eers hul kamer te verlaat om wild te sien nie. Die kamers beskik elkeen oor 'n kroegie, haardroër, kluis en 'n gasvryheidskinkbord.

Vir diegene wat 'n bietjie meer as rus en vrede verlang is daar ook 'n gimnasium met 'n privaat swembad, stoom- en sauna-kamers. Kom ervaar die klassieke, luukse leefstyl wat ons bied in hierdie perfekte ligging met tradisionele Kambaku-styl en -gasvryheid.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kambaku River Sands gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R16 140 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za