Kambro Accommodation & Farm Stall

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kambro Accommodation & Farm Stall is halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad op die N12, 21 km noord vanaf Britstown in die rigting van Kimberley. Ons bied wonderlike plaasverblyf in die Karoo.

Daar is 10 selfsorg-chalets met lugversorging en ook 6 karavaanstaanplekke op gras, elk met 'n privaat braai en elektrisiteit en daar is skoon ablusieblokke met warm water en opwasgeriewe.

Ons het ook 'n speelgrond vir kinders en 'n pragtige voetslaanpad. Al die struike en plante langs die roete is geïdentifiseer en gemerk. Gaste ontvang 'n brosjure met 'n lys van al die spesies fauna en flora wat op die voetslaanpad te sien is. Daar is ook geleenthede vir voëlkyk. Daar is veilige parkeerplek by die chalets. Tydens Desember en Januarie se warm dae kan jy afkoel in die dam.

Alhoewel ons selfsorg is, bedien ons ook ontbyt en aandete op versoek. Gaste kan ook self onder die sterre braai, elke chalet het sy eie privaat braai.

Daar is 'n plaasstal op die perseel. Ons restaurant het lugversorging, en bied ligte maaltye. Ons tuisgemaakte pasteie is 'n baie gesogte item en springbok, lam en hoender is beskikbaar. die restaurant is gelisensieerd, so
gaste wat oornag kan dus goeie kwaliteit wyn of bier saam met hulle maaltye geniet. Jy kan ook 'n heerlike gekookte aandete of ontbyt bespreek. Gaste in die karavaanpark kan tuisgemaakte brood bestel. Gratis WiFi is beskikbaar.

In die plaasstal verkoop ons verskeie konfyte, blatjang, ingelegde vrugte, droë vrugte, kweperlekkers, vrugtelekkers, geskenke, tuisgemaakte gemmerbier, suurlemoenstroop, boeke, beskuit, koekies, speserye en heelwat meer. In die vrieskas het ons ook 'n groot verskeidenheid rou of gekookte afval, lamsterte, gebakte kwepers, gevulde springbokboud en -saal (resepte ingesluit), boerewors, tuisgemaakte botter, sosaties, skilpadjies, ens.

Kom ervaar egte Karoo-gasvryheid op dié plaas. die nasionale sterrekykpartytjie word jaarliks by Kambro gehou. As deel van ons diens verskaf ons tuisgemaakte brood en botter sowel as tee en koffie in die chalets.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kambro Accommodation & Farm Stall gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R360 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za