Kamieskroon Cosy Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kamieskroon, die hartjie van Namakwaland, is 67 km suid van Springbok en 47 km noord van Garies geleë, wat dit die ideale plek vir toeriste en reisigers in dié gebied maak. Dis sentraal en bied blomroetes in ’n 60 km-radius in alle rigtings. Kom beleef hoe ’n semi-woestynstreek in ’n reënboogkleurige mat van blomme ontaard.

Ons eenhede is volledig voorberei vir beurtkrag en het 'n vol Premium DStv-pakket op platskerm-TV's.

Isabella: Die eenheid het slaapplek vir 4. Dit het ’n oopplan-kombuisie, ’n woonkamer met ’n slaapbank en ’n gesellige kaggel, asook ’n aparte slaapkamer met 2 enkelbeddens. Daar's ‘n groot badkamer met ’n stort (geen bad nie). Dis volledig toegerus met ’n yskas, ’n tweeplaatstofie en ’n mikrogolfoond. Enkelfase krag is beskikbaar. Daar is oorgenoeg parkeerplek en omdat Kamieskroon as ’n veilige gebied bekend is, het hierdie eenheid nie ’n motorhuis wat kan sluit nie. Handdoeke en beddegoed word verskaf.

Lukas: ’n Tweeslaapkamer-eenheid met enkelbeddens. Daar is ’n volledig toegeruste kombuis met ’n braaiplek/kaggel in die kombuis. Enkelfase krag is beskikbaar. Die aparte badkamer het slegs ’n stort (geen bad nie). Daar is oorgenoeg parkeerplek en omdat Kamieskroon as ’n veilige gebied bekend is, het hierdie eenheid nie ’n motorhuis wat kan sluit nie. Handdoeke en beddegoed word verskaf.

Frances: Dit is 'n ruim en moderne eenslaapkamerwoonstel. Dit beskik oor 2 enkelbeddens en 'n dubbelslaapbank. Daar is 'n leefarea en die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is ook buite-braaigeriewe op die skaduryke stoep, veilige onderdakparkeerplek en 'n privaat ingangshekkie.

Al 3 eenhede is in ’n rustige omgewing met ’n lieflike uitsig oor Sneeukop, Boesmanskop én die Kamiesbergreeks.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Vlaams

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kamieskroon Cosy Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false