Kapama Private Game Reserve - Kapama Buffalo Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kapama Buffalo Camp herinner 'n mens aan 'n tradisionele safari-kamp uit die verre verlede. Dié luukse tentverblyf is in die reuse Kapama Private Game Reserve.

Natuurlike klip en hout is as boumateriaal gebruik en die lodge het 'n ouwêreldse atmosfeer al is dit heeltemal byderwets. Al die geriewe wat jy benodig word is beskikbaar in die luukse tent-suites en in die safari-lodge en die binnenshuise versiering is gedoen in rooi- en goue kleurskakerings. Ons 10 ruim suites staan op stelte op 'n verhewe oewer. Die suites en die hoof-lodge word verbind deur plankpaadjies en skuil onder skadubome met die seisoenale rivier wat onder kabbel. Gedurende die droë seisoen word loop die bokke in die rivierloop op soek na weiding.

Elke luukse tent bied slaapplek vir 2 gaste en is toegerus met 'n en suite-badkamer, 1 koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens met katoenlinne en dekens met Afrika-patrone. Verder het elke suite lugversorging, elektriese komberse, 'n kroegie vol voorraad, 'n Nespresso-masjien en 'n kluis. Die houtvloere, leer en afwerking van donker hout skep 'n nostalgiese atmosfeer. Saans word die paadjies in sagte lig gedoop deur olielampe en dit dra natuurlik by tot die outentieke atmosfeer. Buffalo Camp het plek vir sowat 20 gaste en baie klem word geplaas op persoonlike aandag, diens en gerieflikheid.

Gaste het ook toegang tot gemeenskaplike areas wat ook op die oewer gebou is en omring word deur aalwyne en nabome. Die intieme sitkamer het 'n grasdak en waaiers wat 'n heerlike briesie skep gedurende die somer. Gaste kan heerlik ontspan op die gerieflike rusbank en met 'n drankie van Buffalo Bar vir al die voëltjies sit en kyk. Al die geregte is a la carte en spreek van die ouwêreldse Afrika-tema. Ontbyt en middagete word onder 'n grasdak bedien en aandete word gewoonlik genuttig in die ongekunstelde boma langs die vuur, afhangende van die weer. Koel gerus af in die sprankelende randvloeiswembad met sy pragtige uitsigte oor die blaredak, of ontspan in een van die sonstoele onder een van die reuse sambrele.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kapama Private Game Reserve - Kapama Buffalo Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R16 952 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za