Kruger tot Canyons Akkommodasie by Kapama Private Game Reserve - Kapama Karula | LekkeSlaap
+18
+18

Kapama Private Game Reserve - Kapama Karula

Wildsplaas
  • Vanaf R36 280 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kapama Karula, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Kapama Karula is 'n bekroonde lodge wat aan die oewer van die standhoudende Klaserierivier geleë is. Die lodge maak deel uit van die groot Kapama Privaat Wildreservaat wat "plek van vrede" in die plaaslike taal beteken. Kapama Karula is, net soos die naam aandui, 'n rustige plek waar jy 5-ster, luukse safari-akkommodasie kan ervaar.

Die rivier wat deur die kamp kronkel dra verder by tot die rustige atmosfeer wat by hierdie elegante, luukse safari-lodge heers. Ons akkommodasie word aangebied in 12 superieure suites wat elkeen ruim en smaakvol ingerig is. Die suites beskik elk oor 'n en suite-badkamer met 'n binne- en 'n buitestort, 'n dubbelwasbakeenheid en 'n bad. Elke suite het 'n yskassie met 'n verskeidenheid goeie wyne en sjampanje, 'n Nespresso-koffiemasjien, 'n kluis, 'n internasionale kragprop, 'n WiFi-verbinding en 'n iPod-koppelstasie. Om gaste se gerief en gemak te verseker het elke suite 'n telefoon, 'n plafonwaaier, lugversorging en 'n gas-kaggel om jou warm te hou op daardie koue winteraande. Die superieure suites het glas-skuifdeure sodat jy onbelemmerde uitsigte oor die Klaserierivier kan geniet. Elke suite het ook sy eie dekarea buite met 'n volgrootte-swembad en luierstoele waarop gaste kan ontspan. Twee van die superieure suites is spesiaal vir gesinne ingerig.

Gaste geniet toegang tot die oopplan-sitkamer en -kroeg wat ruim, tog knus, ingerig is met dakvensters wat natuurlike lig laat instroom. Gaste kan ook die sonskyn op die houtdek buite geniet met uitsigte oor die Klaserierivier wat verby ons kronkel. Dis ook nie ongehoord dat gaste luiperds vanuit die Kapama Karula-eetkamer sien nie. 'n Nuwe byvoeging tot Kapama Karula is die biblioteek wat met oudiovisuele toerusting ingerig is. Ons het ook 2 internetstasies met komplimentêre WiFi beskikbaar. 'n Romantiese ete vir 2 langs die kaggel kan ook in die biblioteek gereël word.

Ligging

  • Kapama Karula, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R36 280
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Kruger tot Canyons Limpopo
Vanaf R36 280
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R36 280
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kapama Karula, , R40 Pad Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3NzM2ZDVhLTY0ZWMtNDA4Yy1hYjJjLTllYmJhYzU4MWExMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R36 280  per nag (vir 2 persone) 0 5 1 0 Kapama Karula Kapama Private Game Reserve 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -24.459120829528 31.105950772762
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za