Kareespruit Caravan and Camping

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kareespruit Caravan and Camping is op 1000 hektaar ongerepte bosveld, sowat 8 km vanaf Zeerust, geleë. Die area bied maklike toegang tot verskeie winkels, asook die N4, en is ideaal vir diegene wat die grens na Botswana of Namibië oorsteek.

Daar is 10 karavaan- en kampeerplekke met toegang tot moderne ablusieblokke en 'n opwasarea. Die karavaan- en kampeerplek het 'n aparte ingang van die Kareespruit Game Lodge and Guest House en het toegang tot gemeenskaplike geriewe soos die lapa, braai-areas en 'n vermaakarea. Die lapa spog met 2 buitebraai-areas en 1 binnebraai-area, 'n kombuis, 2 satelliet-TV's en 'n swembad.

Hierdie is die ideale plek vir natuurliefhebbers met die voordeel van naby 'n dorp wees. Wildritte is beskikbaar vir diegene wat die Afrika-bos wil verken en ervaar. Die wildritte moet vooraf bespreek word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kareespruit Caravan And Camping gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za