Karibu River Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Karibu River Retreat en Game Lodge is in 'n stukkie bosveldparadys weerskante van die Elandsrivier, 18 km vanaf Marble Hall. Dit bied gerieflike verblyf aan sakereisigers, kontrakteurs, vakansiegangers en oornaggaste. Karibu River Retreat is ook slegs 15 km vanaf Siyabuswa waar die Universiteit van Mpumalanga is.

Die River Retreat bied 6 sakpaskamers wat smaakvol versier is. 4 van die kamers het ’n privaat badkamer, satelliet platskerm-TV, yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, toiletware, 'n haardroër en plafonwaaier. Daar is ook 'n sakpas-tweeslaapkamereenheid wat 'n badkamer deel. Die River Retreat kan ook as 'n geheel bespreek word vir gaste wat 'n privaat funksie saam met familie of vriende wil geniet.

Die swembad, boma, lapa en binnebraaigeriewe is beskikbaar vir gaste se gebruik. Gaste kan ook hul eie vleis by die kampvuur braai.

Aan die oorkant van die Elandsrivier, kan gaste op die wildsplaas in 4 selfsorg-chalets bly wat geposisioneer is om die watergat te sien waar diere kom drink. Elke chalet het 'n goed toegeruste kombuis met ’n yskas, mikrogolfoond, gasstoof en die nodige kombuisware, privaat braaigeriewe en 'n heerlike patio. Die chalets het ook plafonwaaiers en gasgeisers.

Gaste kan gaan stap, bergfietsry of met hul eie voertuie wildkyk. Daar is meer as 50 voëlspesies op die plaas en 3 damme vir visvang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karibu River Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za