Karlin Beach Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Linkweg 1, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Karlin Beach Cottage is 'n gesellige selfsorg-dupleks in Freeland Park, Scottsburgh, net 'n paar treë van die strand af. Dié pragtige strandstrook aan die Suidkus is 'n heerlike plek om te gaan stap of swem. Ontwaak soggens met die geluid van die branders en die uitsig oor die glinsterende oseaan vanuit jou kamervenster.
Die dupleks is lekker gesellig met 'n helder wit kombuis op die onderste verdieping, 'n knus sitkamertjie, badkamer en slaapkamer met 'n koningingrootte-bed.
'n Paar trappies lei na 'n ruim portaal met hoë plafonne. Dié ruimte is knap benut deur dit in 'n derde slaaparea met 2 enkelbeddens te omskep.
Langs die portaal is die pragtige hoofslaapkamer met oorgenoeg ingeboude kaste en 'n skuifdeur na 'n privaat stoep met 'n uitsig oor die tuin en see. Daar is ook 'n stort en toilet op dié vloer.
Slaapplek
’n Bespreking by Karlin Beach Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Linkweg 1, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Scottburgh Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Linkweg 1, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom