Karoo Heart

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie kothuis is pragtig gemeubileer en is in die bekoorlike Beaufort-Wes geleë. Die dorp is die grootste dorp in die Groot-Karoo en dit word dikwels die hart van die Karoo genoem.

Die kothuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Die derde kamer het 'n dubbelbed. Die aparte badkamer het 'n stort, aparte toilet en wasbak. Elke kamer het lugversorging en kamer 1 en 3 het eie TV. Alle kamers het ook klankdigte vensters wat meeste klank uithou.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, en oorgenoeg ingeboude kaste vir breekware en eetgerei. Die sitkamer het 2 slaapbanke, 'n kaggel, lugversorging en 'n TV met alle DStv-kanale (Explora). WiFi is op versoek beskikbaar teen moontlike addisionele kostes.

Die eenheid het 'n tuin met braaigeriewe en 'n klimraam. Veilige parkeerplek word voorsien in 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure. Daar is ook voorsiening gemaak vir karavane om veilig op die perseel agter 'n hoë heining van lemmetjiesdraad met laserstraal-sekuriteit te parkeer.

Slaapplek

'n Bespreking by Karoo Heart sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Elektriese kombers
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoo Heart gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za