Karoo Life Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 8 Mrt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Karoo Life Bed and Breakfast is in die Suid-Afrikaanse Port-hoofstad Calitzdorp op die bekende Roete 62 geleë. Dit is die langste wynroete ter wêreld en slegs 'n uur se ry van die Kango-grotte en Tuinroete af.

Karoo Life is tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë en is 'n gemaklike 4 uur se ry vanaf albei stede. George-lughawe is ook net 90 minute ver en Mosselbaai is minder as 2 uur se ry deur die skilderagtige bergpasse.

Hierdie gebou dateer uit 1860 en was al die tuiste van die plaaslike ystersmid, skoenmaker en het oornagverblyf aan menige reisiger gebied. Deesdae word uitstekende verblyf en heerlike kos aan vakansiegangers en reisigers gebied wat die kronkelende roete tussen Kaapstad en Port Elizabeth verken.

Karoo Life bied 2 kamers in die huis (albei met buitestoepe) en 3 tuinkothuise met die hoofhuis wat as gemeenskaplike eet- en kuierarea dien. Daar is 'n groot onderdakdek met uitsigte oor die tuin en berge, en 'n gemeenskaplike swembad. Gaste kan ook die nabygeleë wynkelders, valleie en berge verken.

Ontbyt word daagliks in die hoofhuis se eetkamer of buite op die dek bedien. Ander maaltye kan by EighteenonQueen bestel word of kospakkies kan op versoek gereël word en braaigeriewe is ook beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoo Life Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R600 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 8 Mrt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za