Karoo Living

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Karoo Living is 'n plaashuis wat gerieflik gemeubileer is en op 'n volstruisplaas net 20 km van Oudtshoorn af geleë is.

Dié eenheid is ideaal vir 'n groep of gesin van 7 en dit het 3 slaapkamers wat die 2 en suite-badkamers deel. Die badkamers het elk 'n bad en 'n stort. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens.

Die groot kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, mikrogolf en 'n yskas. Gaste kan maaltye om die groot eetkamertafel nuttig en in die sitkamer met 'n TV en 'n kaggel ontspan. 'n Skoonmaakdiens kan op versoek teen 'n addisionele koste gereël word.

Braaigeriewe, 'n tennisbaan en parkeerplek is beskikbaar vir gaste. Rook is verbode by Karoo Living en ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie (Die eienaars het hulle eie troeteldiere). Neem asseblief kennis dat daar 'n kort stukkie grondpad na die huis is.

Karoo Living is naby die bekende Roete 62 wat maklike toegang na bekende besienswaardighede soos die Kango-grotte, Cango Wildlife Range, Calitzdorp-warmbaddens en verskeie wynplase bied.

Slaapplek

'n Bespreking by Karoo Living sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoo Living gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 310 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za