LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Karoo Masterclass House and Cottage | LekkeSlaap
+34

Karoo Masterclass House and Cottage

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Queeckvaleij-singel 6, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 590 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Karoo Masterclass House and Cottage bied lieflike selfsorgverblyf in Prins Albert.

Die Karoo Masterclass House het slaapplek vir 8 en die Masterclass Cottage het slaapplek vir 4. Elke eenheid het lugversorging en alle linne, handdoeke en elektriese komberse word voorsien. WiFi is in elke eenheid beskikbaar. Albei eenhede lei na 'n privaat stoep wat oor 'n privaat plonspoel en tuin uitkyk. Braaigeriewe is by elke eenheid beskikbaar.

Die Karoo Masterclass House beskik oor 3 slaapkamers en 'n bachelor-eenheid met slaapplek vir 2 op 'n koninggrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n instapstort. Die kamer lei na 'n privaat buitestort, stoep en tuin. Die Red-slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die Blue-kamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met net 'n stort.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus vir selfsorg. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Gaste kan in een van die twee sitkamers ontspan; die een het 'n kaggel en die ander een het 'n TV met DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die Masterclass Cottage beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV met DStv.

Die eiendom is omhein en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Karoo Masterclass House and Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Queeckvaleij-singel 6, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Masterclass House and Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 590
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 590
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Queeckvaleij-singel 6, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80b253b397af3d75c2cf3caf3f2dcda4a8dd7237847009772a9ea46ff56261319ffe225d50cae3acf1974936ff7c22532e6a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 590  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 6 Queeckvaleij Crescent Prince Albert 6930 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.23078544882 22.03293535582
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!