Karoo-Palet

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Karoo-Palet bied selfsorg-eenhede en kamers in die Klein Karoo. Die Klein Karoo word weerspieël in elkeen van ons kamers en die area sal sommer in jou hart in kruip. Ons bied slaapplek vir 6 mense.

Die selfsorgwoonstel het 2 en suite-slaapkamers en bied slaapplek vir 4 mense. Beddegoed en handdoeke word ingesluit. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, 'n TV-kamer met sekere DStv-kanale en 'n oopplan-leefarea met WiFi. Daar is braaigeriewe en sitplek op die stoep.

Die dubbelkamer het slaapplek vir 2 mense met sy eie balkon en aparte ingang. Die kamer het 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is nie kombuisgeriewe in hierdie kamer nie.

Alle beddegoed en handdoeke is ingesluit. Daar is veilige parkeerplek agter 'n elektroniese, afstandbeheerde hek. 'n Pendeldiens is beskikbaar om jou na 2 nabygeleë restaurante te vat. Daar is 'n hek wat na die veld lei waar jy kan gaan stap en voëls kyk. Jy kan ook op die paaie fietsry. Daar is bonsai-bome op die perseel en ons bied klasse aan op versoek.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoo-Palet gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za