Karoo Scense

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Karoo Scense skuil net 'n entjie van die hoofpad af in 'n vreedsame hoekie van Prins Albert. Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n bekoorlike en suite-kamer en kothuis wat albei onafhanklik is van die hoofhuis.

Hierdie kamer beskik oor 1 koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Linne en handdoeke word voorsien. Die klein kombuis-area is toegerus met 'n ketel, broodrooster, yskassie, eetgerei en breekware. Koffie, tee, suiker, melk en tuisgemaakte dadelballetjies word voorsien. Daar is 'n waaier om die muskiete in toom te hou gedurende die somer, en in die winter sal die paneelverwarmer en die warmwatersakke jou warm hou.

Die ruim en helder oopplan-kothuis het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Die eenheid bied ook 'n sitarea en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n tafeloppervlakte, elektriese oond, 'n groot yskas-vrieksas, broodrooster en 'n ketel, asook kookgeriewe, eetgerei en breekware. Jy sal ook melk, koffie, tee, suiker en heerlike tuisgemaakte dadelballetjies kry om jou te laat welkom voel. Daar is 'n muurverwarmer en warmwatersakke om jou te help die Karoo-winternagte trotseer en 'n beskutte, private binnehof waar jy die sonnetjie kan vang.

Etes kan genuttig word in die klein eetarea of in die skaduwee in die privaat binnehof. Gaste kan heerlike wandelinge onderneem en sal mal wees oor al die skadubome en die tuin met sy braaiplek. Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien.

Dis troeteldiervriendelik, maar moet vooraf gereël word.

Prins Albert se restaurante, supermarkte en besienswaardighede is stapafstand vanaf Karoo Scense. Van die besienswaardighede sluit in: The Showroom Theatre, 'n museum, kunsgalerye, en winkels met kuns, handwerk en plaaslike produkte (begeleide toere is beskikbaar). Brita bied reiki aan in haar "Geneesgrot" en daar is 'n joga-ateljee oorkant die pad.

Gaste kan gerus ook 'n draai gaan maak by die wyn-, olyf- en vyeplase in die omgewing. En dan is daar natuurlik ook nog pragtige paaie in die Swartberge wat verken kan word.

Jou gasvrou en gasheer, Brita en Mark, sien uit daarna om jou by Karoo Scense te verwelkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoo Scense gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R760 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za