Merweville Akkommodasie by Karoo Vreugde | LekkeSlaap
+42

Karoo Vreugde

9 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 9 resensies vir Karoo Vreugde
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5
Joanne C - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joanne C
Gesin met tieners

Rustigheid.

Bale lekker plek, mense, gasvrou vriendelik. Plaashuis uitstekend, wou huis optel en saam met my bring.

Karoo Vreugde's terugvoer

Ons waardeer jul terugvoering. So bly julle het lekker gekuier en die dorp en sy mense ook geniet.
Ons sien uit na julle volgende bespreking.

Karoo Vreugde
Danie L - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Danie L
Gesin met tieners

Die beste gasvryheid, rustigheid en vriendelikheid wat jy kan verwag!

Merweville is altyd baie besig tydens die naweek van die Dankfees en akkommodasie raak gou vol bespreek. Ons het die dorp, nes die huis, baie netjies en skoon gevind. Ons het dadelik welkom gevoel: Corlia het volledige reëlings deurgegee en seker gemaak ons vind die plek maklik en Bettie was baie vriendelik en hulpvaardig en het gedurende ons verblyf opgevolg of alles goedgaan. Verder is ons privaatheid gegun. Die huis is goed toegerus met alles wat jy nodig het. Ek kan hierdie akkommodasie enige tyd aanbeveel!

Karoo Vreugde's terugvoer

Baie dankie vir julle bespreking met die Dankfees naweek. Ons waardeer die feit dat julle Karoo Vreugde gekies het vir julle naweek in Merweville. Hoop ons sien julle spoedig weer

Karoo Vreugde
Chantal P - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantal P
Gesin met klein kinders

Fantastiese uitrus naweek.

Karoo Vreugde is net dit. Vreugde in die Karoo. Die huis is vreeslik skoon en netjies en toegerus met als wat jy kan benodig. Tannie Bettie wat die gastehuis oppas is so vriendelik en gasvry, mens sukkel om haar nie te nooi vir 'n braai nie. Dan is die vriendelikheid van die dorp se mense nogal iets om te noem. Karoo Vreugde sal my beslis weer sien. Die kerk wat geraam word deur die bome in die erf met beligting om die kerk en die sterre wat so helder skyn kan mens nie vir beter vra nie.

Karoo Vreugde's terugvoer

Baie dankie vir hierdie baie spesiale resensie.
Ons is so bly julle het lekker gekuier en ook die dorpie se gasvryheid geniet.
Nogmaals dankie dat julle Karoo Vreugde gekies het vir julle verblyf, sien jul gou weer.

Karoo Vreugde
Johan M - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Regtig puik.

Ons het heerlik ontspan en lekker gekuier in Merweville. Die ontvangs deur tannie Bettie was baie professioneel. Niks was te veel moeite vir haar nie. Die huis was werllik volledig toegerus met alles wat ons nodig gehad het en nog baie meer, regtig puik geriewe. Ons almal kan Karoo Vreugde ten sterkste aanbeveel.

Elmarie D - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmarie D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike, ontspanne Karoo-atmosfeer.

Pragtige, rustige omgewing. Perfekte plek om weg te breek uit die stadsomgewing. Die huis is baie netjies. Ons is vriendelik ontvang en het heerlik gekuier. Ek sal Karoo Vreugde vir enigiemand aanbeveel.

Karoo Vreugde's terugvoer

Dit is altyd lekker as ons gaste die huis geniet.
Baie dankie vir julle ondersteuning.

Karoo Vreugde
Zalman S. D - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zalman S. D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die verblyf was fantasties. Merweville en sy mense is pragtig!

Merweville is 'n lekker vakansiedorp. Rustig. En die mense is van die vriendelikste wat ek ooit teëgekom het. By die NG Kerk kan jy in die toring klim en 'n 360º-uitsig oor die dorp beleef. Dit was fantasties. Dis beslis 'n weer-besoek-dorp.

Karoo Vreugde's terugvoer

Dankie dat julle dié dorp en sy mense so bederf het. Hoop ons sien julle gou weer.

Karoo Vreugde
Hendrik K - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik K
Gesin met tieners

Karoo-stilte, kampvuur, skaaptjops, goeie geselskap en 'n rooiwyntjie vir die koue.

Karoo Vreugde het aan al ons behoeftes voorsien. My doel was dat al my kinders saam sal wees met Vadersdag en dat ons die Karoo se mense en hul vriendelikheid sal ervaar. Die huis was baie skoon en beddens slaap soos 'n droom. Tannie Bettie het kerse gebring toe Eskom keer dat ons die rugby kon kyk. Die speletjies in die huis was goed aangewend op die stoep en ons het goeie, gesonde familietyd beleef. Ek kan met vrymoedigheid enigiemand aanbeveel wat wil gaan rus en beste waarde vir geld kry.

Karoo Vreugde's terugvoer

Dit was 'n voorreg dat julle Karoo Vreugde gekies het vir julle verblyf in Merweville.
Ons is baie bly dat julle die naweek so geniet het. Ons sien julle spoedig weer.
Groete

Karoo Vreugde
Theo S - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theo S

Medisyne vir die siel.

As jy die Karoo se bekoring wil meemaak, moet jy seker maak jy besoek Karoo Vreugde.

Karoo Vreugde's terugvoer

Ons is bly dat julle die verblyf geniet het.
Ons hoop ons sien julle spoedig weer.

Karoo Vreugde
Sanelle P - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sanelle P
Saam met vriende

Blaaskans vir die siel.

Karoo Vreugde is 'n regte Karoohuis, met alles wat jy nodig het en selfs meer om jou kuiertjie gemaklik te maak. Skoon en netjies en die baie vriendelike eienaars. Baie dankie dat jul hierdie Karoo juweel met ons gedeel het! Ons het ons tyd vreeslik geniet.

Karoo Vreugde's terugvoer

Baie dankie dat jul Karoo Vreugde gekies het vir julle verblyf in Merweville. Dit was vir ons heerlik om jul as gaste te hê.
Dankie ook dat jul die huis so netjies afgegee het en vir die pragtige fotos wat jul met ons gedeel het.
Ons hoop om julle weer te sien in die nabye toekoms.

Karoo Vreugde
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hugenootstraat, Merweville, 6940, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOqUwGmvionKs8TcpJY0abVAKI1maL9EMBiFlJ6eb12NrhHOwFB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 6) 9 5 1 5 114 Hugenoot Street Merweville 6940 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -32.668723631514 21.511384991402
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za