Pick your preferred language

English

Afrikaans

+31
  • Slaapplek vir 22 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 93 Middle Street, Graaff Reinet, 6280, Oos-Kaap Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

In die hartjie van Graaff-Reinet staan KarooRus, 'n pragtige, opgeknapte huis wat 7 selfsorg-eenhede bied. Ongeag of jy vir plesier of besigheid die dorp besoek, bied KarooRus 'n plek waar jy kan rus en jou batterye herlaai in luukse, sonder om jou sak te ruk.

Daar is 7 luukse selfsorg-eenhede. Elke eenheid het sy eie ingang. Daar is veilige parkeerplek op die perseel, braaigeriewe, en daar is 'n rolstoelvriendelike eenheid beskikbaar.

Elke eenheid het lugversorging, 'n kombuisie en ontbythoekie met kooktoebehore en eetgerei, 'n mikrogolfoond en tweeplaatstofie, komplimentêre tee en koffie, 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n koningingrootte-bed en/of enkelbeddens, duvets, lakens, sponskussings en ekstra komberse, handdoeke, 'n platskerm-TV met DStv, 'n haardroër, klerekas en radiowekker.

Graaff-Reinet is 'n sonderlinge dorpie in die Karoo met genoeg oulike winkels, restaurante en museums om jou vir dae besig te hou. Die dorp word omring deur 'n natuurreservaat en dit dra by tot die kalmte wat in die dorp heers.

KarooRus is in die hartjie van Graaff-Reinet geleë. Die meeste restaurante, museums en winkels is net 5 minute se stap ver.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 326 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Josua V
Gesin met tieners
5.0
Gerieflik. Goeie ligging in die dorp, maklike toegang met optel van sleutels.
Jan 2026
Jan-hendrik B
Gesin met tieners
5.0
Oornag op die huis toe, verblyf alles gebied wat ons benodig het. Ons het die verblyf geniet, alles was in orde.
Jan 2026
Riaan B
Saam met lewensmaat
5.0
Voldoende en waarde vir geld. Verblyf was lekker en het voldoen aan ons behoeftes.
Jan 2026
Amelda A
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf in Graaff-Reinet. Karoorus is 'n baie netjiese en skoon blyplek met veilige parkering. 'n Groot pluspunt was die lugreëling. Ons h...
Sien meer
Des 2025
Melinda V
Gesin met tieners
5.0
Baie mooi en lekker. Baie lekker gebly. Kamer was pragtig met alles wat 'n mens nodig het. Lekker gemaklike beddens en veilige parkering.
Des 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Bennie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 377

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 93 Middle Street, Graaff Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink KarooRus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek

93 Middle Street, Graaff Reinet, 6280, Oos-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 22 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA12106b183b3dd2864b60dc6e344142fb613f4c8383afae68e4230ae5e109bc4b504111d85329b79b6001329807dad200f3fd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 326 5 1 5 93 Middle Street Graaff Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.255552327906 24.532309770584

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang