LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Karusa Farm Cottage | LekkeSlaap
+36

Karusa Farm Cottage

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Karusa Landgoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 150 R805 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Karusa Farm Cottage is in die hartjie van die Kangovallei op die Vogelsang-plaas in Schoemanshoek geleë. Karusa Landgoed lê langs die R26 op pad na die wêreldbekende Kangogrotte in Oudtshoorn.

Dié kothuis tussen wingerde en boorde spog met 'n fantastiese uitsig op die berg en oor die omgewing, en is ideaal vir 'n rustige wegbreek. Die kothuis het minimum kragtoevoer wat hoofsaaklik vir beligting gebruik word.

Die kothuis het 'n oopplan-uitleg en beskik oor 'n slaaparea, kombuis en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n gas-geyser, stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en ander kookgerei toegerus. Daar is ook 'n binnebraai, eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek. Buite is daar 'n stoep met buitemeubels en 'n draagbare braai. Die grasperk strek tot by die muskadelwingerde en is ideaal vir sterrekyk gedurende die somer.

Doendinge op die plaas sluit 'n 6 km-voetslaanroete deur die wingerd en 'n 26 km-bergfietsroete op die agterpaaie van Schoemanshoek in. 'n Piekniekmandjie is op versoek beskikbaar.

'n Pakhuis vol gehalte-steenvrugte, 'n wynkelder wat Mediterreense wyne en sy eie MCC produseer, en 'n restaurant wat bekend is vir sy pizza- en tapas-spyskaart is stapafstand vanaf die kothuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Karusa Farm Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Karusa Landgoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 150
Vanaf R805
per nag (plek vir 2)
was R1 150
Vanaf R805
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Karusa Landgoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZPl2nxzu3HmeebNS77hXKl0OEOX0AeqGaaQGFEEEy3pl0Q2EkL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 150, nou Vanaf R805  per nag (plek vir 2) Vogelsang Boerdery Schoemanshoek, Karusa Estate 6620 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-18:00 10:00 -33.473048758967 22.235897435879
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!