Karusa's Family Farm Cottage
Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 6
-
Vanaf
R1 800R1 260 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Karusa Farm Cottage is in die hartjie van die Kangovallei op Vogelsang-plaas in Schoemanshoek geleë. Dit is langs die R26 op pad na die wêreldbekende Kangogrotte geleë.
Dié kothuis bied fantastiese uitsigte op die berge en oor die omgewing tussen die wingerde en boorde, en is ideaal vir 'n rustige wegbreek. Die kothuis het minimum-kragtoevoer wat hoofsaaklik vir beligting gebruik word. 'n Kerslig en lanterens is tydens beurtkrag beskikbaar.
Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuisarea en -leefarea. Daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 'n stapelbed in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n gas-warmwatersilinder, stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n tweeplaat-gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en ander kombuistoerusting toegerus. Daar is 'n binnebraai, eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek.
Die stoep het stoepmeubels en 'n draagbare braai. Die grasperk is ruim en spog met 'n lieflike peperboom wat ideaal is vir 'n piekniek onder die sterre.
Verblyf sluit linne, handdoeke en braaihout in. 'n Volledige gids met aktiwiteite in die omgewing, 'n R62-kaart met al die bekende besienswaardighede en tydskrifte gepas vir buitelug-aktiwiteite is in die kothuis beskikbaar.
Aktiwiteite op die plaas sluit 'n voetslaanroete van 5 km deur die wingerd en 'n bergfietsroete van 26 km op die agterpaaie van Schoemanshoek in. 'n Piekniekmandjie is op versoek beskikbaar.
Daar is 'n pakhuis vol gehalte-steenvrugte, 'n wynkelder wat Mediterreense wyne en sy eie MCC produseer, en 'n restaurant wat bekend is vir sy pizza- en tapas-spyskaart stapafstand vanaf die kothuis. Die restaurant is vanaf Maandag tot Vrydag om 09:30 - 14:30 en Saterdag om 10:00 - 14:00 oop. Gaste moet asb. navraag doen oor openbare vakansiedae.
Slaapplek
’n Bespreking by Karusa's Family Farm Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Karusa's Family Farm Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vogelsang Boerdery, Schoemanshoek, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 6