LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kasteelkop Guest Farm | LekkeSlaap
+46

Kasteelkop Guest Farm

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 160 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perth, Kasteelkop-plaas, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R400 R280 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

As jy moeg is vir die stadslewe, is 'n wegbreek op hierdie pragtige plaas in die Oos-Vrystaat 'n moet. Kasteelkop Guest Farm is 'n veeplaas. Bring jou gesin, bergfietse en visstokke saam vir 'n lekker buitelugvakansie.

Dié plaashuise is pragtig gerestoureer om sy eertydse glorie te weerspieël en in luukse selfsorg-gastehuise omskep. Daar is 3 losstaande eenehde op dieselfde plaas: die Gastehuis, Plaashuis en Skuur.

Die Gastehuis het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n sitarea met 'n eetarea en 'n kaggel. Gaste kan hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring. Buite is daar 'n stoep met 'n ingeboude braai, sit- en eetarea en 'n Jacuzzi. Gaste moet seker maak hulle bring alles saam wat hulle nodig het, aangesien die winkels ver van die plaas af is.

Die plaashuis is meer informeel as die gastehuis, maar steeds luuks met 'n groter Jacuzzi. Die huis het slaapplek vir 16 gaste in 4 slaapkamers en 'n gemeenskaplike area. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer, en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die badkamer is apart van die slaapkamer. Kamer 3 het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer, en Kamer 4 het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank, 2 enkelbeddens en 'n kaggel. Die ten volle toegeruste kombuis het 'n mikrogolfoond, stoof en skottelgoedwasser. Die plaashuis het 2 stoepe, een is toegebou en het 'n sit- en eetarea, ingeboude braaiplek en 'n verhitte Jacuzzi, en die tweede stoep het 'n oop braai-area. Dit is ideaal vir groter groepe of gesinne met klein kinders. Die kamers het plafonwaaiers, perkallinne en 'n koffiemasjien. Daar is 'n TV met 'n afstandbeheer en DStv-koppelpunt, maar gaste moet hulle eie dekodeerder en slimkaart of hardeskyf saambring.

Die skuur is die nuutste toevoeging tot die gastehuis. Dit is 'n opgeknapte 100 jaar oue steenskuur met 'n konferensie-area en 'n spa-kamer. Daar is 4 slaapkamers, 2 badkamers en slaapplek vir 8 gaste. Dit is ten volle toegerus vir konferensies en funksies.

Dit is 'n natuurliefhebber se paradys, baie afgeleë en spog met uitstekende uitsigte oor die vallei van die stoep af. Die voëllewe is uitstekend en gaste kan uitkyk vir sekretarisvoëls, bloukraanvoëls en kalkoenibisse, sowel as verskeie grasland-voëlspesies. Die kalkoenibis kan by die waterval op die plaas gesien word.

Kasteelkop Guest Farm is ook ideaal vir visvang aangesien 4 km van die Wilgerivier deur die plaas kronkel. Begeleide perdritte is op versoek beskikbaar en daar is bergfietsroetes en kort staproetes. Spyseniering en 'n spa is ook op versoek beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Spa-behandelinge
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 12 resensies vir Kasteelkop Guest Farm
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Perth, Kasteelkop-plaas, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Gaste dink Kasteelkop Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Frankfort Vrystaat
was R400
Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
was R400
Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 160 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perth, Kasteelkop-plaas, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfb49a458c0648a4accd2652905cf907ae598f9ac3d25a4b6ba298bbd31454aa6368746b0de98299949729b916cda65fbacad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R400, nou Vanaf R280  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 Perth, Kasteelkop Farm Frankfort 9830 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.459501252352 28.65841627121
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!