Kaycharoz

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kaycharoz is 'n ruim selfsorghuis vir 'n gesin van 6 in Blouwaterbaai, Saldanha en is 400 m van die strand af.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, en die voorstoep bied 'n gedeeltelike see-uitsig. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die ander 2 kamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Maaltye kan aan die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitarea met 'n TV met DStv ontspan.

Kaycharoz is 3 km vanaf Saldanha se middedorp, 14 km vanaf Vredenburg en 17 km vanaf Langebaan. Saldanha bied verskeie restaurante en gaste kan die South Head-vuurtoring en North Head-vuurtoring besoek, en bergfietsry, visvang en duik geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Kaycharoz sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kaycharoz gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za