Keiskama B&B
Beskrywing
Hierdie B&B word deur die eienaar besit en bestuur en bied eersteklas-gasvryheid vir die oordeelkundige sakereisiger of vakansieganger.
Keiskama B&B is na aan Port Elizabeth se gewilde swemstrande, restaurante, winkelsentrums en vermaakareas asook die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.
Die Boardwalk Casino and Entertainment-kompleks is minder as 1 km van ons af en daar kan jy verskeie doendinge en besienswaardighede geniet.
Keiskama het uitstekende geriewe insluitend 'n braai-area en swembad waar gaste kan ontspan en kuier. Jy kan jou dag begin met 'n stewige à la carte-ontbyt en ook, op versoek, smullekker aandetes.
Jy het 'n keuse van 5 stylvolle, individueel versierde slaapkamers met baie geriewe. Elke kamer het 'n tuin-uitsig en privaat ingang. Al die standaard-kenmerke is daar asook gehalte linne, TV met M-Net en sekere DStv-kanale asook 'n tee- en koffieskinkbord. Veilige parkeerplek sorg vir ons gaste se gemoedsrus.
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom by Keiskama B&B.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Keiskama B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |