Kettle Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kettle Guest Lodge is in Rustenburg in Noordwes geleë en bied egte, ten volle gemeubileerde selfsorgverblyf. Dit is die ideale verblyf-opsies vir gesinne, vriende, sosiale groepe, enkelreisigers, paartjies, sport- of kerkgroepe, kontrakteurs en studente.

Verblyf word aangebied in selfsorghuise van verskillende groottes wat 1 tot 8 gaste kan akkommodeer. Let asb. daarop dat selfs indien slegs 1 persoon bespreek, die hele eenheid aan daardie persoon behoort vir die duur van die verblyftydperk. Gaste deel nie met ander gaste nie.

Voor elke eenheid is daar 'n tafel, stoele en braaigeriewe. Die huise is almal naby mekaar, maar steeds baie privaat en veilig. Elke huis beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, sowel as 'n slaapkamer, 'n leefarea, 'n badkamer en enige iets anders wat gaste nodig mag kry gedurende hul selfsorgvakansie. Doen asb. navraag oor 'n plastiekbasis-matrasse vir kleuters en babas.

Etes kan op versoek voorsien word aan groter groepe, soos studente of kontrakteurs wat lank oorbly.

Gaste kan uitsien na 'n ontspanne en rustige atmosfeer met groot tuine met volop voëlspesies. Op die perseel is daar ook 'n gholf-oefenbof naby die hoofhek en 'n lieflike restaurant naby die lodge.

Kettle Guest Lodge is die perfekte verblyfopsie vir besoekers aan Sun City wat net 32 km ver is. Die Pilanesberg Natuurreservaat is net 5 km verby Sun City. Daar is 'n klein mall, Spar en ander winkelgeriewe naby.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kettle Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za